Biltong-ensampioenpastei

Sarie Kos - - Naweektafel -

(bl. 15) Padkos is nie padkos son­der biltong nie, maar jy hoef dit nie al­tyd net so te eet nie. Pro­beer dit in ’n pas­tei – heer­lik met sam­pi­oe­ne.

ge­noeg vir 8 KORS 500 g (890 ml) koek­meel 200 g botter, in blok­kies ge­sny 4 ei­ers, ge­klits VULSEL 75 g (80 ml) botter 30 ml o­lyf­o­lie 8 groot preie, in rin­ge ge­sny 2 knof­fel­hui­sies, ge­kap 500 g bruin sam­pi­oe­ne, in sky­we ge­sny 250 ml hoen­der­af­trek­sel 250 ml room 300 g klam biltong, fyn­ge­kap ge­ras­per­de skil van 2 suur­le­moe­ne sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per 1 ei­er, ge­klits Plaas meel en botter in voed­sel­ver­wer­ker en pols tot ge­meng. Ter­wyl men­ger loop, voeg ge­noeg ei­er by om deeg in een bal te laat saam­kom. Draai toe in kleef­plas­tiek en plaas in ys­kas vir 30 mi­nu­te. Vulsel Ver­hit botter en olie in pot. Voeg preie, knof­fel en sam­pi­oe­ne by. Roer­braai 10-15 mi­nu­te oor lae hit­te of tot preie en sam­pi­oe­ne sag en deur­sig­tig be­gin raak. Voeg af­trek­sel by en kook tot vloei­stof met helf­te ver­min­der het. Voeg room by en prut tot ro­me­ri­ge vulsel vorm. Roer biltong en suur­le­moen­skil by. Geur met sout en pe­per. Laat af­koel. Ver­hit oond tot 180 °C. Ver­deel deeg in t­wee en rol op meel­be­strooi­de werk­vlak uit tot 2 mm dik. Voer 20 cm-tert­pan wat goed ge­spuit is met kleef­we­ren­de kos­sproei uit met een stuk deeg. Sny deeg wat oor­hang net­jies af. Skep vulsel in uit­ge­voer­de pan en plaas twee­de stuk deeg bo-op. Sny oor­hang­deeg af. Druk deeg ste­wig vas rond­om rand van die pan. Ver­sier kors met af­val­stuk­kies deeg en sny gaat­jies in die kors so­dat stoom kan ont­snap. Verf met ge­klit­se ei­er. Bak 25-35 mi­nu­te of tot goud­bruin. Laat af­koel en pak in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.