Beeskortribbe met olyfsalsa

Sarie Kos - - Op Ons Bord -

(bl. 34) Vra jou slag­ter om die rib­be te french trim dat die be­ne so kaal uit­steek soos op ons fo­to.

ge­noeg vir 6

2 uie, grof­ge­kap 1,3 kg beeskortribbe ( s­hort ribs) sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per 2 wor­tels, in rin­ge ge­sny 3 stin­gels sel­de­ry, ge­kap 4 tak­kies vars tie­mie, grof­ge­kap 3 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­kap 30 ml fyn kol­jan­der 1 x 410 g-blik ta­ma­tie­pu­ree 500 ml bees­af­trek­sel 250 ml rooi­wyn

SALSA hand vol I­ta­li­aan­se pie­ter­sie­lie 12 groen o­ly­we, ont­pit en fyn­ge­kap sap en ge­ras­per­de skil van 3 suur­le­moe­ne 80 ml o­lyf­o­lie

Ver­hit oond tot 180 °C. Skep uie in een laag in oond­braai­bak en plaas rib­be bo-op, met vet­kant na bo. Geur goed met sout en pe­per. Meng res van be­stand­de­le saam (be­hal­we vir salsa) en gooi oor vleis. Maak bak toe met foe­lie en oond­braai vleis 2 uur of tot dit sag is en van die been weg­trek. Haal vleis uit pot­sous en plaas op bak­plaat. Gooi pot­sous in ’n pot en bring tot kook­punt. Kook tot sous met helf­te ver­min­der het en hou een­kant. Plaas al die be­stand­de­le vir die salsa in ’n voed­sel­ver­wer­ker en pols by hoë spoed tot glad. Plaas rib­be op op­dien­bord en skep af­ge­kook­te sous en salsa oor. Sit warm voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.