Pas­ta met ra­fel­bors­stuk

Sarie Kos - - Op Ons Bord -

(bl. 35) Die En­gel­se noem dit “bris­ket”. Dis baie taai en moet sta­dig gaar­ge­maak word. Ver­al heer­lik as jy dit in sul­ke dun ra­fels trek met ’n vurk.

ge­noeg vir 8

1 ui, fyn­ge­kap 2 knof­fel­hui­sies 250 ml rooi­wyn 500 ml bees­af­trek­sel 500 ml wa­ter 1 x 410 g-blik ta­ma­tie­pu­ree 5 lou­rier­bla­re 45 ml ge­rook­te pa­pri­ka 1,5 kg bors­stuk ( bris­ket) 45 ml ha­ris­sa-pas­ta (kyk by su­per­mark se pes­to-rak) sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per 400 g pas­ta van jou keu­se 50 g par­me­saan-kaas, ge­ras­per

Ver­hit oond tot 120 °C. Plaas ui, knof­fel, rooi­wyn, af­trek­sel, wa­ter, ta­ma­tie, lou­rier­bla­re en pa­pri­ka in oond­vas­te pot. S­meer bors­stuk met ha­ris­sa-pas­ta en plaas in pot. Geur goed met sout en pe­per. Maak pot toe en roos­ter 6 uur of oor­nag tot vleis sag is. Haal vleis uit pot en trek in fyn ra­fels met ’n vurk. Voeg van die pot­sou­se by tot ge­ra­fel­de vleis lek­ker klam is. Kook pas­ta vol­gens aan­wy­sings op pak en d­rei­neer. Voeg pas­ta by vleis en meng deur. Plaas in op­dien­bak en s­prin­kel par­me­saan oor. Sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.