Peer-en-da­del­slaai

Sarie Kos - - Kostrend -

(bl. 44) Dis die soet van die dadels wat die slaai so be­son­ders maak.

ge­noeg vir 6

45 ml o­lyf­o­lie 30 ml botter 3 pe­re met skil, ge­hal­veer en stronk uit­ge­haal 1 x 100 g-pak­kie ok­ker­neu­te, grof­ge­kap 4 tak­kies vars sa­lie 12 ont­pit­te dadels, grof­ge­kap sap en ge­ras­per­de skil van 2 suur­le­moe­ne sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per 1 x 40 g-pak­kie wil­dero­ket­bla­re 350 g ro­que­fort- of blou­kaas

Ver­hit olie en botter in groot braai­pan. Plaas pe­re met ge­sny­de kant na on­der in pan en braai 5-8 mi­nu­te of tot pe­re be­gin ver­bruin. Voeg neu­te en sa­lie by en meng deur. Voeg dadels en sap en skil van suur­le­moe­ne by en geur goed met sout en pe­per. Plaas ro­ket op op­dien­bord en skep warm slaai bo-op. Krum­mel kaas oor en sit voor.

WENK As jy ’n slaai met meer lyf soek, kan jy 225 g cho­ri­zo-wors, in rin­ge ge­sny, saam met die pe­re braai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.