Ge­braai­de ca­la­ma­ri met salsa ver­de

Sarie Kos - - Boekuittreksel -

Ca­la­ma­ri is ’n moei­li­ke ding – dik­wels oor­gaar en rub­be­rig. Maar as dit kraak­vars is en vin­nig oor hoë hit­te ge­kook word, is dit soet en sag. Ek vang dit soms in die baai na­by my huis en dan kook ek dit soos hier­die resep voor­skryf. Die salsa ver­de se sub­tie­le bran­de­rig­heid werk per­fek saam met die ca­la­ma­ri.

2 groot skoon­ge­maak­te bui­se ca­la­ma­ri (so­wat 250 g elk) 30 ml o­lyf­o­lie suur­le­moen­sky­we vir voor­sit

SALSA VER­DE 30 g I­ta­li­aan­se pie­ter­sie­lie (die een met die plat bla­re) 200 ml o­lyf­o­lie 10 ml kap­per­tjie­sa­de (ca­pers), ge­drei­neer en af­ge­spoel 4 klein a­gur­kies (cor­ni­chons) 2 an­sjo­vis-fi­let­te 1 knof­fel­hui­sie, fyn­ge­kap sap van 1 suur­le­moen sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per

Om die salsa ver­de te maak, plaas al die be­stand­de­le in ’n voed­sel­ver­wer­ker, geur na smaak met sout en pe­per en ver­werk 1-2 mi­nu­te tot glad. Proe en geur weer in­dien no­dig. Om die ca­la­ma­ri te be­rei, ver­hit ’n braai­pan oor hoë hit­te. Dop die ca­la­ma­ri-bui­se om, maak kruis­pa­tro­ne met ’n skerp mes en sny dit op in hap­pie-groot­te stuk­kies. Plaas die stuk­ke in ’n bak, geur goed en s­prin­kel met o­lyf­o­lie. Braai ’n mi­nuut aan el­ke kant tot goud­bruin en gaar. Sit voor met salsa ver­de en ek­stra le­moen­wig­gies. >

GE­BRAAI­DE CA­LA­MA­RI MET SALSA VER­DE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.