Man­goy­sies (met ’n knippie cayenne-sout)

Sarie Kos - - Boekuittreksel -

(bl. 54) Ek is dol oor vars mango’s. In sei­soen­tyd maak ek dik­wels hier­die ysies. Die cayenne-sout gee ek­stra skop en on­ver­wag­te geur.

160 g (200 ml) strooi­sui­ker 3 ryp mango’s 80 ml vars lem­me­tjie­sap, plus -wig­gies vir voor­sit

CAYENNE-SOUT 10 ml see­sout­vlok­kies (bv. Mal­don-sout) 10 ml strooi­sui­ker 3 ml cayenne-pe­per

Meng sui­ker met 170 ml wa­ter in ’n pan. Plaas oor ma­ti­ge tot hoë hit­te, roer om op te los en bring tot kook­punt. Ver­wy­der sui­ker­stroop van hit­te en laat staan een­kant om af te koel. Sny die “wan­ge” van die mango’s af en ge­bruik ’n groot me­taal­le­pel om die vlees uit te skep. Sny so­veel moont­lik vlees van die pit­te ook af. Kap die mango-vlees in grow­we stuk­ke en ver­werk dit saam met lem­me­tjie­sap in ’n voed­sel­ver­wer­ker tot glad. Voeg sui­ker­stroop by in­dien no­dig (as die mango’s baie soet is, is dit moont­lik on­no­dig) en meng goed. Giet in y­s­ie­vorms en vries so 30 mi­nu­te tot half ge­vries. Druk stok­kies in el­ke y­s­ie en vries nog so­wat 2 uur tot heel­te­mal ge­vries. Die vars ysies be­hoort tot ’n maand te hou. Om die ysies uit te kry: Doop die giet­vorms in warm wa­ter, wik­kel die ysies om hul­le los te maak, haal uit die vorms en plaas op ’n bak­plaat wat met bak­pa­pier ge­voer is. Plaas dit weer in die vries­kas tot hard ge­vries. Bê­re ont­vorm­de ysies in ’n en­kel­laag in ’n lug­dig­te hou­er – dit hou tot drie we­ke. Meng be­stand­de­le vir cayenne-sout. Doop die ysies in die sout net voor jy dit be­dien. Sit voor met ek­stra lem­me­tjie­wig­gies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.