Maak suur­le­moen­smeer en me­rin­gue

Sarie Kos - - Goedvoelkos -

Maak ’n dub­bel­ko­ker van ’n ka­strol waar­op ’n glas­bak pas. Gooi so­wat ’n kwart van die ka­strol vol kook­wa­ter. Plaas suur­le­moen­sap, ei­ers, ei­er­ge­le, sui­ker en sout in die glas­bak en plaas op ka­strol. Klits aan­hou­dend oor ma­ti­ge hit­te tot die meng­sel gaar en dik word, 8-10 mi­nu­te. Gooi gaar meng­sel in koue bak weg van die hit­te af. Sny die koue botter in stuk­kies en gooi een vir een by die meng­sel. Ver­werk deu­ren­tyd met staaf­men­ger tot al die botter by­ge­voeg is. Giet suur­le­moen­smeer in gaar tert­kors en s­meer ge­lyk. Plaas vir 1 uur in ys­kas om te stol. Plaas me­rin­gue-be­stand­de­le in bak van ’n staan­men­ger. Plaas oor ’n ka­strol met prut­ten­de wa­ter – die bak moe­nie aan die wa­ter raak nie. Klits meng­sel aan­hou­dend met ’n bal­lonk­lit­ser. Ver­hit tot warm (dit moet jou vin­ger brand en sui­ker moet op­ge­los wees). Klits by hoë spoed in staan­men­ger tot blink en styf. Skep ’n groot me­rin­gue-wolk bo-op die suur­le­moen­vul­sel – jy kan ook ro­set­te spuit met ’n spuit­sak. Brand goud­bruin met kom­buis­blaas­vlam. Sit voor. (As jy nie ’n blaas­vlam het nie, kan jy die pun­te ’n paar mi­nu­te on­der die oond se rooi­warm roos­ter-e­le­ment bruin bak.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.