Na­ta­ni­ël: Eeue se ta­fel­sto­ries sê wie ons is

Sarie Kos - - Voor­blad - deur NA­TA­NI­ËL

As jy kyk na die nuus op die te­le­vi­sie of die voor­blad van die koe­rant of in die kin­ders se skool­boe­ke, sou jy dink die ver­haal van die wê­reld word ge­skryf deur po­li­ti­ci, ry­kes, be­roem­des, ter­ro­ris­te, kri­mi­ne­le of ge­leer­des.

Dit is ’n mi­te! Die ge­skie­de­nis van hier­die pla­neet word ver­tel en weer­spie­ël deur el­ke e­tens­ta­fel. Sou jy ie­mand wou leer ken, kry jou voet in die deur, be­soek sy wo­ning en leer ken sy eet­ge­woon­tes, ri­tu­e­le,

ta­fel en spys­kaart

El­ke le­pel of vurk wat ge­lig word, word vas­ge­hou deur eeue se spo­ke. El­ke vou in die lin­ne, el­ke weer­kaat­sing van ’n mes, el­ke de­li­ka­te wyn­glas ge­tuig van de­ka­des se stre­we na voor­uit­gang, kul­tu­re wat oor die aar­de ver­sprei het, sma­ke en ge­brui­ke wat hon­der­de ja­re on­be­kend ge­bly het, ge­woon­tes waar­oor daar ge­frons is, so­si­a­le ge­leent­he­de of ple­sie­re wat vir dui­sen­de ver­bo­de bly, die klein­ste ge­ba­re wat die be­voor­reg­tes van die ver­waar­loos­des bly skei, uit­ge­dien­de ko­des wat ag­ter­ge­bly het uit die tyd­per­ke van on­der­druk­king, chau­vi­nis­me of eng­heid.

Om die ge­skie­de­nis en ont­wik­ke­ling van die e­tens­ta­fel te leer ken, is nie so een­vou­dig soos wat jy dink nie. Ver­skil­len­de sko­le van huis­houd­kun­de, so­si­a­le ge­skie­de­nis, e­ti­ket of spy­se­nie­ring ver­tel ver­skil­len­de sto­ries. Daar word ge­stry oor da­tums of lan­de van oor­sprong. Op­voed­kun­di­ge in­stan­sies pas nie al­tyd aan wan­neer nu­we in­lig­ting op­daag nie. En dan is daar die dol­le poel van ver­war­ring, Wi­ki­pe­dia. Die oor­gro­te meer­der­heid van men­se bok­spring nog steeds op­ge­won­de na hier­die reu­se-mis­tas­ting, son­der om te weet e­ni­ge we­se met ’n vin­ger kan hier by­dra­es maak of fei­te aan­pas son­der dat daar met ken­nis of ge­sag ge­sif en ge­sui­wer word. Bly weg!

Die ge­skie­de­nis van die e­tens­ta­fel en sy ge­reed­skap neem sta­dig vorm aan, ver­skyn soos ’n vreem­de­ling uit die mis­tig­heid, tree vir tree. Geen en­ke­le bron van waar­heid be­staan nie, ve­le fak­to­re moet in ag ge­neem word, uit al­le wind­rig­tings moet ge­skep en ver­ga­der word, ge­sag­heb­ben­de lees­stof oor e­ti­ket, his­to­rie­se ro­mans, kuns­wer­ke, klas­sie­ke kook­boe­ke, on­tel­ba­re skil­de­rye met ta­fels, kom­bui­se, wer­kers, ge­reg­te, ko­nink­li­kes en gas­te as fo­kus­punt, die in­dus­tri­ë­le ge­skie­de­nis, die ont­wik­ke­ling van ma­te­ri­a­le en teg­nie­se ken­nis, uit­vind­sels, die ge­bruik van vuur, la­ter stoom, die be­skik­baar­heid van ys, la­ter e­lek­tri­si­teit, die ont­wik­ke­ling >

van boer­de­ry, ver­voer, teks­tiel, so­si­a­le ver­an­de­rin­ge soos wat nu­we kon­ti­nen­te ont­dek is, hoe spe­se­rye be­skik­baar ge­word het, sjo­ko­la­de en kof­fie die wê­reld ver­o­wer het, die eer­ste re­stau­ran­te ver­skyn het – al hier­die ge­beu­re ver­tel uit­ein­de­lik hoe die mens­dom en sy ver­haal op en om die e­tens­ta­fel be­land het.

Die vur k

Geen We­ster­se we­se gaan hom­self die le­we in­dink son­der ’n vurk nie, maar hier­die stom­me stuk ge­reed­skap moes ’n ver­ba­sen­de lang pad stap om op ons ta­fels te ver­skyn. Die eer­ste vur­ke was reeds in ge­bruik in van die vroeg­ste kul­tu­re. In E­gip­te, C­hi­na en G­rie­ke­land is vur­ke van hout en been eeue ge­le­de reeds ge­bruik om kos te be­rei en te be­dien. Die Ro­mei­ne het be­gin om met me­taal te werk en vur­ke is van sil­wer en brons ge­maak. Die wel­ge­stel­des in die Bi­san­tyn­se ko­nink­ryk het reeds in die 4de eeu v.C. met vur­ke ge­ëet en in die 9de eeu het die vurk in Per­sië ver­skyn. Teen die 10de eeu is vur­ke in Oos-Eu­ro­pa en die Mid­de-Oos­te ge­bruik, maar in die Wes­te is daar steeds met die hand ge­ëet. In die ja­re 972 en 1075 het die vurk na die Wes­te ge­reis toe twee Bi­san­tyn­se prin­ses­se met Sak­sie­se en Ve­ne­sie­se e­del­man­ne ge­troud is. Maar steeds is dit gro­ten­deels ge­ïg­no­reer. Eers toe Cat­her­i­ne de Me­di­ci ge­troud is met Hen­drik II, is die vurk op Fran­se ta­fels aan­vaar en uit­ein­de­lik, in die 18de eeu, in die res van Eu­ro­pa. In­tus­sen is die vurk se twee tan­de op aan­drang van die Ve­ne­sie­se cour­te­sa­nes ver­meer­der na vier. Die ont­werp is ook aan­ge­pas om dit lig­ter te maak en la­ter het die kur­we ver­skyn so­dat kos ook ge­skep kan word.

Die ta­fel

Die eer­ste ta­fels is ge­maak uit hout, klip, me­taal en mar­mer. Eeue ge­le­de is daar ty­dens maal­tye ge­staan, ge­sit of ge­lê. E­gip­te­na­re het kos ge­plaas op klip­op­per­vlak­ke, klaar­blyk­lik van ver­skil­len­de hoog­tes. Die G­rie­ke het hout­plan­ke op los stut­te ge­plaas en tus­sen maal­tye ge­bê­re. Die Ro­mei­ne het eer­ste ta­fels met po­te ge­bruik. Ty­dens die Mid­del­eeue het die lang, swaar ta­fels ver­skyn en hon­der­de gas­te kon ty­dens ’n ban­ket aan­sit. In die tyd van E­li­za­beth I het ron­de po­te op­ge­duik en in die Vic­to­ri­aan­se era moes ta­fel­po­te, soos vrou­li­ke en­kels, be­dek word, die he­le af­fê­re was té sexy. Vir baie ja­re moes die wer­kers­klas klaar­kom met ’n en­ke­le ta­fel in die kom­buis, dié is ge­bruik vir slag, knie, eet, ba­bas kry en naald­werk. Dees­dae is die ta­fel in e­ni­ge vorm, groot­te, kleur en ma­te­ri­aal be­skik­baar. En word weens so­si­a­le ver­an­de­rin­ge, swak kom­mu­ni­ka­sie, te­le­vi­sie of ’n ge­brek aan tyd té min ge­bruik.

Tra­gies.

Die ta­fel­doek

Die ta­fel­doek het oor­spronk­lik op ta­fels be­land as be­sker­ming. In pa­lei­se en he­re­hui­se het die ta­fel teen die een muur van ’n groot ver­trek ge­staan so­dat daar ge­dans of ge­wan­del kon word. Die ta­fel is dan be­dek met be­sker­men­de lae vilt, en bo-op ’n ge­bor­duur­de doek of ta­pis­se­rie. Hier­die lae ma­te­ri­aal is ver­wy­der wan­neer die ta­fel na die mid­del van die ver­trek ge­dra is vir ete. Die maal, met al die blom­me, ker­se, or­na­men­te, gla­se, eet­ge­rei en ge­reg­te is dan op die hou­t­op­per­vlak voor­ge­sit. Uit­ein­de­lik (!!) was daar ’n hel­der oom­blik en het die teen­oor­ge­stel­de plaas­ge­vind. ’n Paar ta­fel­doe­ke is op me­kaar ge­plaas en voor el­ke gang is die boon­ste ver­wy­der. Van­dag is ’n weel­de­ri­ge vloer­leng­te-ta­fel­doek, spier­wit, ef­fe­kleu­rig of vol pa­tro­ne, ’n on­ont­beer­li­ke luuk­se waar­son­der ’n suk­ses­vol­le ont­haal of in­tie­me kui­er be­swaar­lik moont­lik is. Die ge­voel en ver­toon van ’n prag­ti­ge stuk lap skep die at­mos­feer waar­mee gas­te heel eer­ste be­groet word. Dees­dae, in die bes­te Fran­se re­stau­ran­te, word die weel­de van die lap be­klem­toon deur die vier­kan­ti­ge voue on­ge­stryk te laat.

Die mes

Die mes het van die vroeg­ste tye ’n be­lang­ri­ke rol ge­speel in die huis­hou­ding, jag, oor­log, oor­le­wing, teg­no­lo­gie en we­ten­skap. In die be­gin is klip­pe ge­slyp. Na­dat vuur ont­dek is, kon me­taal ge­smelt word en ge­lei­de­lik het die mo­der­ne lem ont­wik­kel. S­waar­de, spie­se en by­le is deur sol­da­te, jag­ters en hout­kap­pers ge­bruik en is feit­lik deur el­ke man saam­ge­dra. Dit het aan ta­fel be­land en met die teen­woor­dig­heid van al­ko­hol en die af­we­sig­heid van re­ëls het e­tes ge­reeld in bloed­bad­dens ont­aard. In Frank­ryk het Kar­di­naal Ri­chel­ieu eers in die be­gin van die 17de eeu be­gin om re­ëls in te stel. K­lei­ner ap­pa­ra­te met ron­der pun­te is na die ta­fel ge­bring. Son­der vur­ke was dit ’n ge­suk­kel, want die mes­punt is ge­bruik om kos na die bord te bring of tan­de skoon te maak. In die 18de eeu het Lo­de­wyk XIV skerp dub­bel­lem-mes­se heel­te­mal ver­bied en het die mes wat ons van­dag ken, be­gin vorm aan­neem. Die ver­sky­ning van die vurk het ook ge­help om hier­die ver­an­de­ring moont­lik te maak. In die 20ste eeu het vlek­vrye staal ver­skyn en die baie ge­spe­si­a­li­seer­de mes­se wat ons van­dag ken, is ont­wik­kel. Be­ne­wens die ta­fel­mes, is ons ver­lo­re son­der die kom­buis­mes, die slag­ters­mes, die kerf­mes, die bot­ter­mes, die ver­sier­sel­mes en

die brood­mes. In ’n sta­di­um was el­ke gas­vrou ook gaan­de oor haar prag­ti­ge vis­mes­se, ’n ont­werp wat nou groot­liks aan die ver­dwyn is. >

Die ser­vet

Die ser­vet was nie al­tyd daar nie. Oor­spronk­lik is han­de­vol brood­deeg ge­bruik om krum­mels van die ta­fel te ver­wy­der. Ie­mand

het toe be­sluit om die brood eers te bak so­dat sous en sop ook ge­ab­sor­beer kan word en die “ser­vet” eet­baar kan wees. La­ter het die Ro­mei­ne twee stuk­ke lap ge­bruik, een om die swe­ten­de voor­kop mee te vee en ’n twee­de groot een wat al die gas­te kon ge­bruik. Die ko­ning en e­re­gas het hul eie doe­ke ont­vang. Ty­dens die Mid­del­eeue is han­de aan die ta­fel­doek af­ge­vee. La­ter het kneg­te wa­ter en doe­ke na die ta­fel ge­bring wan­neer din­ge mor­sig be­gin raak. In ’n sta­di­um het mo­de selfs ’n ti­pe voor­skoot­jie as deel van die uit­rus­ting

voor­ge­skryf. Die in­di­vi­du­e­le ser­vet het in die 16de eeu ver­skyn en die aak­li­ge pa­pier­ser­vet ser­vet in 1887. ’n Goeie klas­sie­ke ser­vet is

50 x 50 cm. Die but­ler-ser­vet is 75 x 75 cm.

Die le­pel

Die le­pel word be­skou as die oud­ste van al­le eet­ge­rei. Nie­mand kan be­paal wan­neer die eer­ste le­pel ge­maak of ge­bruik is nie, maar ar­ge­o­loë het be­wys dat daar reeds in 1000 v.C. le­pels be­staan het. Hier­die le­pels is ge­maak van hout, klip, been en i­voor en was ba­sies ’n pri­mi­tie­we bak­kie waar­aan ’n hand­vat­sel ge­heg is. Teen die Mid­del­eeue is le­pels uit brons en bees­ho­ring ge­maak. La­ter is le­pels van sil­wer, goud, kris­tal en ko­raal ge­maak. Wel­ge­stel­des

het hul le­pels saam­ge­dra, som­mi­ge het in hout­kis­sies om die ei­e­naars se nek­ke ge­hang.

Hier­die le­pels was ver­sier met pê­rels en e­del­ge­steen­tes en was be­lang­ri­ke sta­tus­sim­bo­le. Daar is neer­ge­sien op dié wat met le­pels van

hout of pi­ou­ter ge­ëet het. Die Re­nais­san­ce het ge­sorg vir die mees­te ver­an­de­rin­ge in die ont­werp van die le­pel. Dees­dae is daar meer as 50 ge­ves­tig­de ont­wer­pe vir die le­pel en sy baie spe­si­fie­ke ge­brui­ke, se­re­mo­ni­ë­le le­pels tot tee­le­pels tot sop­le­leps, pap­le­pels, poe­ding­le­pels, slaai­le­pels, mos­terd­le­pels, ka­vi­aar­le­pels, room­ys­le­pels, kof­fie­le­pels, sout­le­pels en

maat­le­pels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.