So goed soos vleis

Die mees­te van ons is dol oor vleis, maar dit kan jou lyf, sak én Moe­der Aar­de ’n hup­stoot gee as jy af en toe ve­ge­ta­ries eet. Jy sal gou ag­ter­kom hoe vlei­se­rig groen­te­ge­reg­te kan smaak

Sarie Kos - - Inhound - deur HER­MAN LENSING fo­to’s MI­CHA­EL LE GRANGE teks LYDIA VAN DER MERWE, GESONDHEIDSREDAKTEUR

Dis se­ker goed der­tig jaar ge­le­de dat ek laas ’n stuk­kie hoen­der ge­ëet het. Rooi­vleis was toe ge­rui­me tyd al nie meer op my spys­kaart nie.

Ek’t daar­na ge­woond ge­raak aan groot man­ne met half­rou ste­aks op hul bord wat grom: “Nou vir wat eet jy nie vleis nie?” My dan slim ge­hou. Soos dié een: Om ’n dag se kos vir een vleis­e­ter te pro­du­seer word so­wat 15 142 li­ter wa­ter ge­bruik. Vir ’n lak­too­vo-ve­ge­ta­ri­ër 4 542 li­ter en vir ’n vegan slegs 1 136 li­ter.

Of: El­ke mi­nuut word grond so groot soos se­we sok­ker­vel­de skoon­ge­maak om land­bou­grond te skep vir vee­boer­de­ry (www.on­e­green­pla­net.org).

Met­ter­tyd het ek ge­leer die gou­ste ma­nier om kor­te met­te met die on­der­werp te maak is om te sê: “Ek raak e­mo­si­o­neel oor e­nig­iets met o­gies.”

Dees­dae ... nie­mand lig ’n wenk­brou nie. Tog is daar maar ’n hand­jie­vol ve­ge­ta­ri­ërs wê­reld­wyd, almal om ver­skil­len­de re­des: 375 mil­joen (wê­reld­be­vol­king is 7,2 mil­jard), vol­gens die 2014 Me­at At­las of the F­riends of the Earth.

Ve­ga­nis­me, as jy geen die­re­pro­duk­te eet nie, is nie­te­min een van 2018 se nei­gings, vol­gens Di­on C­hang van Flux T­rends (www.flux­trends.com). Re­des wis­sel van ’n toe­ne­men­de be­wust­heid van ge­sond­heid tot ’n deer­nis vir die­re.

Baie men­se kan nie ver­staan hoe ’n ve­ge­ta­ri­ër ge­sond bly nie. Ek weet van min­stens t­wee voor­ma­li­ge ve­ge­ta­ri­ërs (al­bei vroue) wat ná baie ja­re weer vis be­gin eet het, want hul lig­gaam het kap­sie ge­maak. Dis een van die re­des waar­om ei­ers (vry­lo­pend) en melk (or­ga­nies) steeds deel van my di­eet is. Dis glad nie te sê jy kan nie ’n vegan wees en ook su­per-ge­sond nie. Maar jy moet dan se­ker­lik jou maal­tye goed be­plan om ge­noeg pro­te­ïen en baie an­der le­wens­nood­saak­li­ke voe­ding­stow­we in te kry.

Vi­ta­mien B12 kom by­voor­beeld (bui­ten see­wier) net in die­re­pro­duk­te voor. Dit sluit sui­wel en ei­ers in. Ve­gans moet dus aan­vul­lings drink of kos­se eet wat daar­mee ver­ryk is.

O­me­ga 3-vet­te, vol­op in vet­te­ri­ge vis, kan ook ’n pro­bleem wees. Jou lig­gaam kan ALA (so­ge­naam­de “plant­aar­di­ge” o­me­ga 3 in o.m. ok­ker­neu­te, vlas­saad en ka­no­la-olie) ver­werk tot “ak­tie­we” o­me­ga 3, maar nie al­tyd baie doel­tref­fend nie. Dees­dae is daar “ak­tie­we” o­me­ga 3-aan­vul­lings, af­koms­tig van al­ge, be­skik­baar. Maar jy kan suk­kel om dit in die han­de te kry, sê Ma­ri­za van Zyl, Paarl­se di­eet­kun­di­ge. Vra by ge­sond­heids­win­kels.

S­tu­dies wys ys­ter is ge­woon­lik nie ’n pro­bleem by ve­ge­ta­ri­ërs in We­ster­se lan­de nie, vol­gens die web­blad van Har­vard-u­ni­ver­si­teit se me­die­se skool (www.he­alth.har­vard. edu). ’n Yster­te­kort nood­saak my eg­ter om ge­reeld ys­ter­aan­vul­lings te neem. Jou lig­gaam neem ys­ter uit plan­te (bo­ne, len­sies, groen blaar­groen­te, se­sam­sa­de, neu­te), moei­li­ker op as dié in rooi­vleis. Sluit al­tyd ’n bron van vi­ta­mien C by maal­tye in (soos ta­ma­ties, si­trus, koe­ja­wels, aar­tap­pel), wat ys­ter­ab­sorp­sie ver­ge­mak­lik. Kof­fie, tee, sjo­ko­la­de en ve­sel van­af groen­te en vol­graan kan met die ab­sorp­sie van ys­ter in­meng, sê Ma­ri­za.

Pro­te­ïe­ne met al die es­sen­si­ë­le a­mi­no­su­re is vol­op in ei­ers en sui­wel. Ve­gans moet ’n ver­skei­den­heid pro­te­ïen­ry­ke plant­bron­ne (soos bo­ne, ke­ker­ert­jies, sa­de en neu­te) eet om te ver­se­ker hul­le kry al die ver­skil­len­de bou­blok­kies (a­mi­no­su­re) in, vol­gens haar.

Ve­ge­ta­ri­ërs is min­der ge­neig om vet­sug­tig te wees as vleis­e­ters. Dit kan deels wees om­dat jy meer kos­se eet wat min ki­lo­jou­les (kJ) be­vat en jou vol­ler laat voel.

’n Vegetariese di­eet se ge­sond­heids­voor­de­le ge­beur eg­ter nie ou­to­ma­ties nie. Dit het ek ge­leer toe ek vleis bloot met kool­hi­dra­te (piz­za en brood) ver­vang en ge­wig aan­ge­sit het. Ba­lans ... dis ’n woord­jie wat ek by my di­eet moes in­bou.

Dees­dae eet ek hoof­saak­lik on­ver­fyn­de gra­ne, neu­te, bo­ne, sa­de en vars slaai. Op­ge­kik­ker met o­lyf­o­lie, pes­to, o­ly­we, son­ge­droog­te ta­ma­ties, fe­ta, noem op. Lek­ker!

KON­TAK Ma­ri­za by 021 872 8423, ma­ri­za@bet­te­re­at.net, www.bet­te­re­at.net

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.