Reg­te eg­te suur­le­moen­tert

In 2015 was Mar­tjie Ma­lan voor die ka­me­ras in die eer­ste sei­soen van kykNET se bak­reeks Koe­ke­door. Van­jaar is sy ag­ter die skerms as een van die in­houds­ver­vaar­di­gers in die eer­ste sei­soen van Koe­ke­door­tjie*, die kin­ders se kans om te bak en brou. Ons het

Sarie Kos - - In­hound - deur HER­MAN LEN­SING fo­to’s WIL­LEM LOU­RENS teks AR­LEEN STO­NE

Van­waar die lief­de vir bak eer­der as kos­maak?

Bak is vir my baie an­ders as kos­maak. Die pro­ses van bak verg meer pre­si­sie, die nou­keu­ri­ge af­meet van be­stand­de­le, die meng en bak daar­van. Dit is meer op­win­dend, want die eind­re­sul­taat sien jy

eers aan die ein­de van die pro­ses.

Wat is die sto­rie ag­ter die snoer pê­rels wat jy heel­tyd in Koe­ke­door ge­dra het en steeds dra?

Dit is my oor­le­de ma se pê­rels; dit her­in­ner my aan haar en al die mooi goed wat sy vir my ge­leer het in

die kom­buis. Dit laat my spe­si­aal voel.

Hoe het die skuif van naas­wen­ner in die 1ste

Koe­ke­door tot ag­ter-die-skerm­s­werk by die klein­span­weer­ga­we Koe­ke­door­tjie ge­beur?

Ná Koe­ke­door het ek ge­dink dit sou ’n goeie i­dee wees om vir kin­ders ’n bak- of kook­pro­gram on­der die­self­de han­dels­naam aan te bied. Die ver­vaar­di­gers

het in­ge­stem om vir my en Er­rie­da du Toit aan te stel as in­houds­ver­vaar­di­gers van Koe­ke­door­tjie en

Kok­ke­door­tjie. Ons het die uit­da­gings vir el­ke e­pi­so­de ge­skryf en ek is ook die kom­buis­be­stuur­der.

Hoe het jy die werk ag­ter die skerms er­vaar?

Dit was won­der­lik. Jy is ’n paar we­ke lank in ’n an­der

wê­reld – ab­so­luut on­ge­loof­lik en so be­vre­di­gend. Ho­pe­lik kan ek een­dag nog méér by die TV-wê­reld

be­trok­ke wees.

Hoe­kom moet ky­kers die nu­we sei­soen van

Koe­ke­door­tjie kyk?

Hul mon­de gaan oop­hang oor wat die kin­ders al­les ver­mag. Ook oor hul kre­a­ti­wi­teit en vrees­loos­heid. Dit is vir my ver­stom­mend om te sien wat

die kin­ders kan doen om­dat hul­le geen vrees het nie. Hul­le doen dit net, want wat kan nou ver­keerd loop?

Wat kan ky­kers leer uit die pro­gram en by die deel­ne­mers?

Eer­stens dat e­ni­ge kind kan bak en kos­maak en dat die kom­buis ’n plek is waar men­se baie kan leer, ver­al van ver­skil­len­de re­sep­te en teg­nie­ke. Die ky­kers kan ook by die deel­ne­mers leer om meer te waag en son­der vrees te bak. Dit sal hul­le aan­moe­dig om dit self meer dik­wels te doen.

Be­ne­wens jou be­dry­wi­ge kos- en TV-loop­baan, het jy ook ’n kook­skool vir kin­ders. Wat be­hels dit?

Die kook­skool is in ’n tuin by die La­er­skool S­tel­len­bosch, maar dis oop vir al­le skool­kin­ders van die om­ge­wing. Ons maak e­nig­iets van ge­bak­te ei­ers tot souf­flés, van la­sa­gne tot lief­li­ke slaaie. Ons bak ook baie, maar die skool is spe­si­fiek ge­rig op ge­son­de kos en ge­son­de kos­keu­ses. Kin­ders kom as ’n bui­te­muur­se ak­ti­wi­teit een maal per week vir ’n uur en ’n half na my toe. Die les­se volg en bou op me­kaar en die leer­ders het ’n re­sep­te­boe­kie waar­in hul­le al hul re­sep­te be­hou vir die res van hul le­we.

Raak dit cha­o­ties met so baie kin­ders in een kom­buis?

Nee, ek dink kin­ders is eint­lik baie taak­ge­rig. Ek het baie streng re­ëls waar­vol­gens ons werk om­dat die kom­buis ’n ge­vaar­li­ke plek kan wees.

E­ni­ge an­der groot plan­ne vir 2018?

My bak­boek, BAK­GE­HEI­ME, re­sep­te

vir el­ke ok­ka­sie, word la­ter van­jaar deur Qui­ver­tree uit­ge­gee. Dit fo­kus op ge­bak vir e­ni­ge ge­leent­heid. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.