Boerewors-frik­ka­del­le

Sarie Kos - - 30-Minuut-Etes -

(bl. 83) Ek sit soms my toe­vou­kos som­mer net so oop voor, son­der om dit op te rol.

ge­noeg vir 4 500 g boerewors 45 ml o­lyf­o­lie 200 g ker­sie­ta­ma­ties, oor­langs ge­hal­veer 1 rooi-ui, fyn­ge­kap 45 ml wit a­syn sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per 1 hand vol kol­jan­der, fyn­ge­kap 4 tak­kies krui­se­ment, fyn­ge­kap 250 dub­bel­dik vol­room-jogurt 4 tor­til­la- wraps Haal die boerewors-vleis uit die derm en rol in hap­pie-groot­te bal­le­tjies. Ver­hit o­lyf­o­lie tot warm in groot braai­pan en braai bal­le­tjies tot goud­bruin en gaar, 5-8 mi­nu­te. Hou een­kant. Meng ta­ma­ties, ui en a­syn. Geur met sout en pe­per. Hou een­kant. Meng kol­jan­der, krui­se­ment en jogurt. Hou een­kant. Ver­hit tor­til­la- wraps vol­gens aan­wy­sings op pak. Skep le­pel vol krui­e­jo­gurt op el­ke wrap. Pak paar wors­bal­le­tjies bo-op en skep le­pel vol ta­ma­tie­meng­sel oor. Sit net so oop voor of rol net­jies op in pak­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.