1 vark­boud, 3 e­tes

As jy hou van geu­ri­ge geregte, is ’n vark­boud jou held. Maak dit oor­nag sta­dig gaar, krap in ra­fels, sit voor of ge­bruik dit vir nog t­wee mak­li­ke e­tes. Troos­kos op sy bes­te

Sarie Kos - - 30-Minuut-Etes -

Ba­sie­se ra­fel­vark Die ge­heim is om die boud met vel en al gaar te maak. Maak die vel saam met die pot­sous fyn om se­ker te maak jou ra­fel­vark is nie droog nie.

ge­noeg vir 6-8 45 ml o­lyf­o­lie 2 uie, grof­ge­kap 3 knof­fel­hui­sies, grof­ge­kap 200 g ta­ma­tie­pas­ta 1 x 400 g-blik ge­kap­te ta­ma­ties 750 ml rooi­wyn 45 ml ge­rook­te pa­pri­ka hand vol o­ri­ga­num, ge­kap 1,25 kg ont­been­de vark­boud sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per Ver­hit oond tot 110 °C. Ver­hit olie in oond­vas­te pot tot warm. Braai uie en knof­fel ’n paar mi­nu­te of tot dit be­gin ver­bruin. Voeg ta­ma­tie­pas­ta, ge­kap­te ta­ma­ties, rooi­wyn, pa­pri­ka en o­ri­ga­num by. Bring tot kook­punt en meng deur. Plaas vark­boud in sous en maak se­ker die he­le boud is be­dek met sous. Geur goed met sout en pe­per en maak pot toe. Plaas in oond en oond­braai so­wat 8 uur sta­dig of oor­nag. Ver­wy­der uit oond en laat ef­fens af­koel. Lig gaar boud uit sous en ge­bruik t­wee vur­ke om die boud in fyn ra­fels te

skeur. Skep van die pot­sous by tot vleis­meng­sel lek­ker klam is. Sit voor met warm brood­rol­le­tjies of vries die oor­skiet en ge­bruik dit in een van die vol­gen­de t­wee re­sep­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.