Amandel-me­rin­gues

Sarie Kos - - In Seisoen -

Een van die lek­ker­ste en mak­lik­ste re­sep­te wat jy kan maak. Doop die me­rin­gues in bit­ter don­ker­sjo­ko­la­de om die soet smaak te ba­lan­seer.

ge­noeg vir 24 me­rin­gues 8 ei­er­wit­te 250 g (300 ml) strooi­sui­ker 200 g (380 ml) ver­sier­sui­ker, ge­sif 100 g fyn a­man­dels 25 g (50 ml) mie­lie­blom, ge­sif Ver­hit oond tot 120 °C. Klits ei­er­wit­te tot sag­te pun­te vorm en klits strooi­sui­ker bie­tjies-bie­tjies by tot die meng­sel styf is. Klits ver­der ter­wyl jy ver­sier­sui­ker bie­tjies-bie­tjies by­gooi. Vou a­man­dels en mie­lie­blom ver­sig­tig in. Voer ’n bak­plaat uit met bak­pa­pier en spuit bak­pa­pier goed met kleef­we­ren­de kos­sproei. Skep of spuit me­rin­gues (be­sluit self hoe groot – ek stel voor so 3 cm) op die bak­plaat. Plaas in oond en bak 3 uur of tot bros. Laat af­koel op plaat. Sit voor. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.