Gu­gel­hupf­koek

Sarie Kos - - In Seisoen -

(bl. 95) Oos­ten­ryk­se en Switserse naam vir ’n mar­mer­koek.

ge­noeg vir 1 200 g (290 ml) sag­te botter 250 g (300 ml) strooi­sui­ker 3 ei­ers 300 g (535 ml) koek­meel 15 ml bak­poei­er 200 ml kar­ring­melk 5 ml a­man­del­geur­sel 60 g (100 ml) fyn a­man­dels 30 ml ka­ka­o­poei­er VER­SIER­SEL 50 g ge­pel­de a­man­dels 100 g (125 ml) ka­neel­sui­ker 195 g (310 ml) ver­sier­sui­ker 25 ml suur­le­moen­sap Ver­hit oond tot 180 °C. Plaas botter en sui­ker in die bak van ’n e­lek­trie­se men­ger en klits by hoë spoed met meng­s­paan ( K-be­a­ter) tot lig en ro­me­rig, 5–8 mi­nu­te. Voeg ei­ers een­een by ter­wyl men­ger loop. Sif meel en bak­poei­er en meng met bot­ter­meng­sel. Gooi melk, geur­sel en a­man­dels by en vou saam tot e­we­re­dig ge­meng. Spuit ’n 25 cm-ring­pan (Bundt) met kleef­we­ren­de kos­sproei. Meng so­wat 150 ml be­slag met ka­ka­o­poei­er. Gooi res in ron­de pa­troon­pan en skep le­pels vol sjo­ko­la­de­be­slag op wit be­slag in pan. Bak 30–35 mi­nu­te. Laat af­koel en keer uit. Ver­sier­sel Meng a­man­dels en ka­neel­sui­ker. Plaas af­ge­koel­de koek op ’n op­dien­bord en be­sprin­kel met helf­te van amandel-ka­neel­sui­ker. Meng ver­sier­sui­ker en suur­le­moen­sap goed saam en skep bo-oor koek. S­prin­kel res van a­man­del­sui­ker bo-op en sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.