Paris–brest

Sarie Kos - - In Seisoen -

(bl. 92) Dié heer­li­ke choux-deeg­ring is ’n klas­sie­ke Fran­se bederf.

ge­noeg vir 1 300 ml wa­ter 120 g botter 300 ml (150 g) koek­meel, ge­sif 4 ei­ers VULSEL 5 ei­er­ge­le 45 g (90 ml) mie­lie­blom 100 g (125 ml) strooi­sui­ker 5 ml a­man­del­geur­sel 500 ml melk 100 g ge­vlok­te a­man­dels 100 ml gou­e­stroop Ver­hit oond tot 180 °C. Plaas wa­ter en botter in ’n pot en laat kook. Voeg meel by en roer met hout­le­pel tot al­les in een bal saam­kom. Roer nog 5 mi­nu­te oor hit­te. Laat af­koel. Voeg ei­ers by en klop goed. Voer bak­plaat uit met bak­pa­pier en trek ’n groot sir­kel met ’n deur­snee van 20 cm op pa­pier. Draai pa­pier om. Skep deeg in ’n spuit­sak met ’n sker­prand-tuit van 1 cm. Spuit ‘n deeg­sir­kel op ge­merk­te plek. Spuit ’n twee­de sir­kel bin­ne die eer­ste een, so­dat dit saam ’n bre­ër sir­kel vorm. Spuit ro­set­te bo-op die breë sir­kel. Bak 25-30 mi­nu­te of tot goud­bruin en bros.

Vulsel Klits ei­er­ge­le, mie­lie­blom, sui­ker en geur­sel saam. Bring melk tot kook­punt in ’n pot en voeg by ei­er­meng­sel. Meng. Gooi te­rug in pot en roer oor lae hit­te tot dit ver­dik (soos wit­sous). Hou aan roer tot vla­meng­sel glad en gaar is, 5-8 mi­nu­te. Laat af­koel. Ge­bruik rif­fel­rand­mes en hal­veer ge­bak­te choux-sir­kel. Skep koue vla in spuit­sak met sker­prand-tuit van 1 cm. Spuit bie­tjie vla oor een helf­te van die choux­sir­kel. Plaas an­der helf­te bo-op. S­prin­kel a­man­dels en stroop oor. Sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.