Groen, groe­ner, ge­sond

’n G­rie­pin­spui­ting is nie die e­nig­ste ma­nier om jou teen ti­pie­se win­ter­siek­tes te be­skerm nie. Laai jou bord vol groen groen­te, dis tot bars­tens toe ge­vul met ge­son­de voe­ding­stow­we wat jou im­muun­stel­sel sterk maak. Be­gin som­mer met ons warm slaai­re­sep­te

Sarie Kos - - Inhoud - deur HER­MAN LENSING fo­to’s DONNA LE­WIS teks LY­DIA VAN DER MER­WE, GE­SOND­HEID S RE­DAK­TEUR

S

tel jou voor: Kos so krag­tig, dit kan jou help om ge­wig te ver­loor, jou be­ne ster­ker maak, die ri­si­ko vir kan­ker ver­laag – jou dalk selfs lan­ger laat leef.

Spi­na­sie, broc­co­li, blom­kool, kool en hul ma­ters lyk be­skeie, maar smaak lek­ker, is mak­lik ver­kryg­baar en re­la­tief goed­koop. Dit be­vat ook baie ve­sel en wa­ter wat kan help om jou sui­ker­vlak­ke heel­dag sta­biel te hou. Daar is tal­le moont­lik­he­de om uit te kies en dit kan mak­lik deel van ’n maal­tyd vorm.

Hoe­wel groen groen­te (eint­lik al­le groen­te en vrug­te) ve­sel, vi­ta­mie­ne en mi­ne­ra­le be­vat, lê die ge­son­de toor­krag in die fi­to-nu­tri­ën­te wat oor­vloe­dig daar­in voor­kom. Dis stow­we in plan­te wat dit help be­skerm teen siek­tes, in­sek­te, be­se­rings, ens. Dis ba­sies die plant se im­muun­stel­sel. En dit ver­sterk ook jou­ne. Dit kan die lig­gaam be­skerm teen toe­stan­de soos kan­ker, di­a­be­tes, hart­vat­siek­tes en hoë bloed­druk. Dit help voor­koms el ska­de en kan cho­les­te­rol­vlak­ke ver­min­der.

Spi­na­sie, broc­co­li, ro­ket en an­der don­ker­groen blaar­groen-tes is boon­op goeie bron­ne van vi­ta­mien B9 of fo­laat. Dit speel on­der meer ’n be­lang­ri­ke rol in die pro­duk­sie van brein­stow­we wat, wan­neer vlak­ke te laag is, by­dra tot de­pres­sie. Dis ook be­lang­rik vir hart­ge­sond­heid.

Ak­tie­we be­stand­de­le, waar­on­der in­dool-3-kar­bi­nol en sul­fo­ra­faan, kom in ge­kon­sen­treer­de hoe­veel­he­de in kool­soor­te, kruis­blom­mi­ge groen­tes en an­der blaar­kool­soor­te (soos krul­kool en ro­ket) voor. Dié fi­to-nu­tri­ën­te is on­der meer be­lang­rik om die lig­gaam te help om van gif­stow­we en hor­moon-ver­steur­ders ont­slae te raak.

Die daag­lik­se in­na­me van broc­co­li, blom­kool, spruit­kool (Brus­sel­se sprui­te) en kool help ver­se­ker dat jy ten bes­te be­skerm word teen ál die moont­li­ke slag­ga­te van eet en leef in ’n mo­der­ne wê­reld.

Groen groen­tes ver­loor gou hul vars­heid. Eet dit dus bin­ne ’n paar dae na­dat jy dit ge­koop het. Om dit ef­fens lan­ger vars te hou: Was in koue wa­ter. Druk lig­gies droog. Los dit om heel­te­mal droog te word. Bon­del los­weg tus­sen twee pa­pier­hand­doe­ke en bê­re in ’n groot, ver­se­ël­ba­re plas­tiek­sak in die ys­kas. Die geheim is om wa­ter en lug uit te hou. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.