Sarie Kos

Kos-obsessie

Dié heerlike Indiese bederf is deesdae ’n gunsteling in ons koppies, veral wanneer die winter met mening toeslaan. Maar wat is dit nou eintlik?

- Deur HERMAN LENSING foto DONNA LEWIS

SPESERYE

Chai is ’n warm drankie van swart tee en melk wat gegeur word met ’n verskeiden­heid speserye, elkeen met soet note. Tradisione­el bevat die tee ster-anys, kardemom, vanielje, neutmuskaa­t, kaneel, gemmer en naeltjie. Kry Île de Païn se resep op bl. 89.

WAT BETEKEN DIE NAAM?

Chai is Hindi vir tee. Dis afgelei van “cha”, die Chinese woord vir tee. Om Chai te drink is so deel van die lewe in Indië dat die meeste Indiërs verstom is oor die Westerling­e so ’n ophef daarvan maak.

VERSIGTIG VIR BITTER

Tee raak gou bitter as jy dit kook, en daarom is dit belangrik om nie jou mengsel te kook nadat jy die tee bygegooi het nie. Kook eerder die melk en speserye saam en gooi dan die mengsel oor jou teeblare sodat dit lekker trek.

SOET IS BETER

Dié tee smaak op sy beste as dit versoet word, want die meeste speserye se geure en note kom na vore met ’n bietjie sout of suiker daarby. Hou dit gesond en voeg ’n lepel of twee heuning by jou tee om al daardie lekker geure van die speserye te proe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa