Gog­ga-koe­kies

Ge­bruik plas­tiek­gog­gas om hier en daar pa­tro­ne in die deeg te druk.

Sarie Partytjie - - Inhoud -

ge­noeg vir 8 – 10

• 80 g (85 ml) bot­ter • 40 ml heu­ning • 40 ml gou­e­stroop • 5 ml ka­ra­mel­geur­sel • 70 g (90 ml) sag­te bruin­sui­ker • 240 g (430 ml) bruis­meel Ver­hit oond tot 180 °C. Smelt bot­ter, heu­ning, stroop, geur­sel en sui­ker saam oor lae hit­te. Ver­wy­der van hit­te en laat ef­fens af­koel. Gooi in meng­bak en voeg meel by. Meng goed tot sty­we, han­teer­ba­re deeg. Draai in kleef­plas­tiek toe en laat rus vir 25 – 30 mi­nu­te of tot koud in ys­kas. Ver­deel deeg in 2 bal­le en rol el­ke bal uit bo-op bak­pa­pier wat goed met kleef­we­ren­de kos­sproei ge­spuit is, tot so­wat 5 mm dik. Doop plas­tiek­gog­gas en rep­tie­le van jou keu­se in koek­meel en druk pa­tro­ne op koe­kie­deeg. Plaas op bak­plaat en bak 10 – 12 mi­nu­te of tot goud­bruin. Laat af­koel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.