Me­rin­gue-to­ring

Jy kan die me­rin­gues reeds ’n week voor die par­ty­tjie bak en in ’n lug­dig­te hou­er hou.

Sarie Partytjie - - Inhoud -

ge­noeg vir 8

• 4 ei­er­wit­te

• 320 g (380 ml) strooi­sui­ker

• 20 ml wita­syn

• 15 ml mie­lie­blom

• pienk jel-kos­kleur­sel

• 1 x ba­sie­se va­niel­je­ver­sier­sel

(sien bl. 4) • 1 po­lis­ti­reen-ke­gel van so­wat 35 cm hoog • vars ro­se vir ver­sie­ring

Ver­hit oond tot 140 °C. Plaas ei­er­wit­te in skoon meng­bak en k­lits by hoë spoed tot sag­te pun­te vorm, so­wat 2 – 3 mi­nu­te. Voeg strooi­sui­ker le­pel vir le­pel by ter­wyl men­ger loop. Hou aan k­lits vir nog 5 – 8 mi­nu­te tot blink en styf. Voeg a­syn en mie­lie­blom by. Meng deur. Voer bak­plaat met bak­pa­pier uit en spuit goed met kleef­we­ren­de kos­sproei. Spuit jel-kos­kleur­sel in k­lein bak­kie en ge­bruik verf­kwas om 4 kleur­sel-ha­le aan die bin­ne­kant van ’n spuit­sak met ’n sker­prand-tuit van 1 cm te verf. Skep me­rin­gue in spuit­sak. Spuit ro­set­te van 1 cm in deur­snee en so­wat 2 cm hoog so­wat 1 cm uit­me­kaar op bak­plaat. Bak vir 45 – 50 mi­nu­te of tot bui­te­kant bros en bin­ne­kant nog mal­va­lek­ker­ag­tig is. Plak me­rin­gues met ver­sier­sel aan ke­gel vas. Ver­sier met vars ro­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.