Room­ys­brood­jies

Dié sag­te a­man­del­koe­kies klink na baie werk, maar dis al die moei­te werd!

Sarie Partytjie - - Inhoud -

ge­noeg vir 8

• 100 g fyn a­man­dels

• 100 g (190 ml) ver­sier­sui­ker

• 100 g (120 ml) strooi­sui­ker

• 30 ml wa­ter

• 2 ei­er­wit­te

• 5 ml pienk kos­kleur­sel

• 1 li­ter ge­kleur­de room­ys

( Ne­a­po­li­tan)

Ver­hit oond tot 140 °C. Sif a­man­dels en ver­sier­sui­ker saam. Bring 100 g strooi­sui­ker en wa­ter tot kook­punt in ’n mid­del­slag­pot. Kook tot by 110 °C op sui­ker­ter­mo­me­ter – so 5 – 8 mi­nu­te. K­lits die ei­er­wit­te tot sag­te pun­te vorm en gooi sui­ker­stroop ge­lei­de­lik by om me­rin­gue te maak. Hou aan k­lits tot blink en styf. Voeg kleur­sel by en meng deur. Vou me­rin­gue lig­gies by a­man­del­meng­sel in. Skep meng­sel in spuit­sak met 1 cm-sker­prand-tuit. Voer 2 bak­pla­te met bak­pa­pier uit en spuit ron­de sir­kels van 2 cm in deur­snee so 1 cm uit­me­kaar op pa­pier. Bak 12 – 15 mi­nu­te of tot bros en gaar. Laat af­koel op pa­pier. Skep bal­le room­ys en plaas elk tus­sen twee a­man­del­koe­kies. Sit da­de­lik voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.