Lek­ker­goed-koek

Sarie Partytjie - - Myself -

Hier­die kort­pad-koek is baie mak­lik om te maak! Koop pas­tel­kleur lek­kers en gee die een­vou­di­ge ba­sis le­we. ge­noeg vir 1 koek

1 x ba­sie­se va­niel­je­ver­sier­sel (sien bl. 82) pienk kos­kleur­sel 4 ge­koop­te wit spons­koe­ke 200 g wit bak­sjo­ko­la­de pienk poei­er­kos­kleur­sel lek­ker­goed soos me­rin­gues, jel­lie­lek­kers en sui­ker­lek­kers

S­tap 1

K­leur va­niel­je­ver­sier­sel pienk met kos­kleur­sel. Plaas eer­ste koek­laag op bord en skep 80 ml ver­sier­sel bo-op – as jy dit af­meet, weet jy el­ke laag gaan ewe hoog en ge­lyk wees. S­meer ver­sier­sel e­we­re­dig met slap­lem­mes. Plaas twee­de koek­laag bo-op en her­haal tot al die lae ge­bruik is. Ein­dig met ver­sier­sel bo-op laas­te koek­laag.

S­tap 2

Ge­bruik oor­bly­wen­de ver­sier­sel en s­meer kan­te van koek net­jies toe. Plaas koek in ys­kas vir so 2 uur.

S­tap 3

S­melt wit­sjo­ko­la­de oor pot met kook­wa­ter en k­leur pienk met poei­er­kleur­sel. Skep le­pels vol sjo­ko­la­de op bak­pa­pier en s­meer in traan­drup­pel­vorms met ag­ter­kant van ’n le­pel. Laat stol in ys­kas tot hard.

S­tap 4

Plak lek­ker­goed o­ral op en om die koek vas met ek­stra ver­sier­sel. Lig ge­stol­de sjo­ko­la­de­tra­ne van bak­pa­pier af en steek in koek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.