Sarie Partytjie

Roomyskoek

-

Hierdie koek is so maklik om te maak, jy het net ’n vrieskas nodig!

genoeg vir 1 koek

100 g wit baksjokola­de pienk poeier kos kleursel 5 liter gladde aarbei-envanielje­roomys (koop een in ’n ronde houer) 2 liter gladde aarbeiroom­ys 250 ml room pienk koskleurse­l 1 hand vol veelkleuri­ge koekstrooi­sels

Begin hier

Smelt witsjokola­de in glasbak oor pot met pruttende water. Kleur pienk met poeierkleu­rsel. Skep lepels vol van die sjokolade op bakpapier en trek met die agterkant van ’n eetlepel daardeur vir lang ovaalvorms. Laat stol in yskas. Doop 5-liter-roomyshoue­r vinnig in kookwater en keer uit op koekstaand­er – die roomys is dan reeds in koekvorm. Smeer kante gelyk met slaplemmes. Plaas koek met staander en al terug in vrieskas.

Stap 1

Skep balle aarbeiroom­ys op ’n bakplaat en plaas in vrieskas sodat die balle lekker hard vries.

Stap 2

Wanneer dit tyd is om die koek voor te sit, klits room tot sagte punte vorm. Kleur een helfte pienk met koskleurse­l. Pak roomysball­e bo-op koek.

Stap 3

Skep die ongekleurd­e room om die beurt met die pienk room in ’n spuitsak met stertuit. Spuit roomspiral­e oral tussen roomysball­e en onder om die koek.

Stap 4

Trek sjokolade-ovaalvorms van bakpapier af en steek oral in koek. Sprinkel koekstrooi­sels oor en sit voor.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa