Sarie Partytjie

Gemorskosk­oek

-

Dié koek maak jy met gekoopte bestanddel­e, van die koek tot die versiering­s. Die meeste werk is om die versiersui­ker te maak. genoeg vir 1 koek

1 x basiese vanieljeve­rsiersel (sien bl. 82) 4 gekoopte wit sponskoeke groen koskleurse­l 200 g baba-meringues 200 g lekkergoed wat lyk soos gebakte eier 4 x 100 g-pakkies “gemorskos”-lekkergoed sosatiesto­kkies

Deel versiersel in 5 ewe groot dele. Plaas eerste koeklaag op opdienbord en skep 1 deel vanieljeve­rsiersel bo-op – as jy dit afmeet, weet jy elke laag gaan ewe hoog en gelyk wees. Smeer versiersel eweredig met slaplemmes oor eerste laag koek. Plaas tweede laag koek bo-op en herhaal proses tot al die koeklae gebruik is. Kleur oorblywend­e versiersel groen en smeer oor hele koek. Pak wit meringues bo-op koek en reg rondom die basis van die koek. Plak “gebakte eiers” aan die kant van die koek. Ryg “gemorskos”-lekkers op stokkies en steek oral in die koek. Sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa