S’mo­res – ge­braai­de mal­va­lek­kers

Sarie Partytjie - - Myself -

(bl. 11) Jy kan ook jou eie mal­va­lek­kers maak. Be­soek SARIE.com vir ’n lek­ker re­sep. ge­noeg vir 6

• 280 g (500 ml) koek­meel • 155 g bot­ter • 60 ml ver­sier­sui­ker • 45 ml ys­wa­ter • 5 ml va­niel­je­geur­sel • 12-16 wit mal­va­lek­kers • 100 g don­ker­sjo­ko­la­de,

ge­smelt • koe­kies van jou keu­se

Ver­hit oond tot 180 °C. Plaas koek­meel, bot­ter en ver­sier­sui­ker in voed­sel­ver­wer­ker en ver­werk tot die teks­tuur van fyn brood­krum­mels. Voeg wa­ter en va­niel­je by en ver­werk tot ’n bal. Laat rus in ys­kas vir 20 mi­nu­te of tot ys­koud. Rol deeg tot so­wat 5 mm dik op meel­be­strooi­de werk­vlak uit. Ge­bruik ’n vier­kan­ti­ge koe­kie­druk­ker van 3 x 3 cm en druk koe­kies uit deeg. Sit op bak­plaat wat met bak­pa­pier uit­ge­voer en met kleef­we­ren­de kos­sproei ge­spuit is. Bak vir 10-12 mi­nu­te of tot goud­bruin. Laat koel af en pak in lug­dig­te hou­er vir wan­neer jul­le kam­peer.

By die kamp­plek: Ryg die mal­va­lek­kers op stok­ke en braai tot goud­bruin oor warm ko­le. Doop in ge­smel­te sjo­ko­la­de en sit tus­sen twee koe­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.