Kol­wyn­tjie­ver­sier­ta­fel

Sarie Partytjie - - Myself -

(bl. 19) Bak kol­wyn­tjies in ver­skil­len­de kol­wyn­tjie­pa­pie­re of -kop­pies. Spuit ver­sier­sel op af­ge­koel­de kol­wyn­tjies en pak dit uit saam met bak­kies met lek­ker­goed so­dat die kin­ders hul kol­wyn­tjies self kan ver­sier. ge­noeg vir 14

KOL­WYN­TJIES • 125 g sag­te bot­ter • 170 g strooi­sui­ker • 2 groot ei­ers • 5 ml va­niel­je­geur­sel • 280 g bruis­meel • 200 ml melk • lek­ker­goed vir ver­sie­ring

VER­SIER­SEL • 110 g sag­te bot­ter • 230 g ver­sier­sui­ker, ge­sif • 25-30 ml melk • kos­kleur­sel

Ver­hit oond tot 180 °C. K­lits bot­ter en sui­ker saam tot lig en ro­me­rig. Voeg ei­ers een-een by en k­lits goed ná el­ke by­voe­ging. Voeg va­niel­je­geur­sel by en k­lits goed. Vou meel en melk om die beurt by bot­ter­meng­sel in tot net-net ge­meng. Voer ’n kol­wyn­tjie- of muf­fin­pan met kol­wyn­tjie­pa­pie­re uit en ver­deel be­slag tus­sen pa­pie­re. Bak in warm oond vir 12-15 mi­nu­te of tot kol­wyn­tjies goud­bruin en deur­gaar is. Haal uit oond en plaas op ’n draad­rak om heel­te­mal af te koel.

Ver­sier­sel: K­lits bot­ter tot lig en don­sig. Voeg ver­sier­sui­ker en helf­te van melk by en k­lits goed. Voeg ge­noeg van die o­ri­ge melk by om ’n glad­de, smeer­ba­re ver­sier­sel te vorm. Voeg ’n paar drup­pels kos­kleur­sel van jou keu­se by en k­lits deur. Skep ver­sier­sel in ’n spuit­sak en ver­sier die af­ge­koel­de kol­wyn­tjies daar­mee. Gas­te kan nou hul kol­wyn­tjies na har­te­lus ver­sier met die lek­ker­goed.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.