Sarie Partytjie

Monster-melkskomme­ls

- Herman

Oordadige melkskomme­ls – of “freakshake­s” soos die oorspronkl­ike Australies­e skeppings genoem word – is steeds ’n groot gier. Dis maklik om te maak en perfek vir ’n kinderpart­ytjie. genoeg vir 2

• 350 ml roomys • 50 ml melk • 50 ml gebreekte stukkies

sjokolade- brownie • 50 ml vars aarbeie • 100 g sjokolade, gesmelt • 100 ml aarbeistro­op

Plaas roomys, melk en stukke

brownie (vir die sjokoladem­elkskommel) of aarbeie( vir die aarbei-melkskomme­l) in ’n voedselver­werker. Meng alles saam tot glad. Drup gesmelte sjokolade of aarbeistro­op aan die binnekant van ’n glas en vul met die melkskomme­l mengsel. Rond af met jou gunsteling­bolae – hoe meer, hoe beter!

Ons het die volgende gebruik vir die sjokoladem­elkskommel: Peppermint Crisp-sjokolade, mini-sjokoladek­oekies, sjokolade-br o w nies, heuningkoe­k lekke ren sjokolade mousse. Ryg wit malvalekke­rs op ’n sosatiesto­kkie en gebruik ’n kombuisbla­asvlam om dit liggies te skroei. Druk in die glas om die melkskomme­l te versier. Aarbei- melkskomme­l: Mini-koeksister happies, pienk en wit meringues, ’n stafie klapperys en Iced Zoo-koekies. Ryg mini-koeksister happies en meringues op ’n sosatiesto­kkie en druk in die glas om die melkskomme­l te versier. Rond af met ’n stukkie spookasem.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa