Brigadeiros (sjokoladefudge-balle)
(bl. 66) Dié tradisionele lekkergoed uit Brasilië is kleurryke balletjies wat smaak soos ’n mengsel van sjokoladefudge en toffie. Dis welkom op enige tafel waar kleur gevier word! sowat 40 balletjies
• 2 x 380 g-blikke kondensmelk • 60 g (150 ml) kakao • 25 g (30 ml) gesmelte botter • kleurstrooisels en sjokolade
vermicelli
Plaas kondensmelk, kakao en gesmelte botter in ’n groot glasmengbak. Meng met elektriese klitser tot gladde mengsel. Plaas vir 2 minute by hoë hitte in mikrogolfoond en meng dan goed deur met draadklitser. Herhaal proses 4 keer. Laat afkoel. Vorm klein balletjies (bietjie groter as ’n R5-muntstuk) en rol in jou keuse van kleurstrooisels of sjokolade-vermicelli.