Sarie Partytjie

Geroosterd­e mielies

-

(bl. 67) Laat elke kind sy eie mielie braai en geurmiddel­s bysit soos dit vir hom lekker lyk. genoeg vir 8

• 8 heel groenmieli­es • 90 ml goeie mayonnaise • 1 knoffelhui­sie, fyngedruk • 2,5 ml cayenne-peper • knypie sout • 250 ml gekrummeld­e fetakaas • 2 lemmetjies se sap

Kook mielies 10 minute. Haal uit pot en dreineer goed. Rooster dit so 10 minute oor die kole (of in ’n riffelpan). Draai mielies elke paar minute om. Meng die mayonnaise, knoffel, peper en ’n ruim knypie sout. Wanneer die mielies gaar is, kan jy die mayonnaise-mengsel oorsmeer. Sprinkel ’n bietjie fetakaas oor en drup vars lemmetjies­ap daaroor. Sit die mielies warm voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa