Vrug­te-y­s­ies

Sarie Partytjie - - Mystyl -

Heer­lik koel en baie mak­lik om te maak. ge­noeg vir 6-8

• vars vrug­te van jou keu­se (man­go, pyn­ap­pel, aar­bei, en­so­voorts) • 60 ml vrug­te­sap • 25 ml sui­ker • 125 ml dik G­riek­se jo­gurt

Kies die vrug­te wat jy wil ge­bruik, skil in­dien no­dig en sny in stuk­ke. Ver­pulp tot glad in ’n ver­sap­per. Jy het 125 ml vrug­te­pu­ree no­dig. Roer vrug­te­sap by. Gooi ’n la­gie van die meng­sel in plas­tiek­lol­lie­vorms. Vries vir 2 uur of tot ferm. Roer sui­ker by jo­gurt en skep ’n laag in el­ke vorm­pie. Vries weer tot ferm. Gaan so voort met nog lae. Jy kan ook net vrug­te- of net jo­gurt-lol­lies maak. Druk ’n room­ys­stok­kie in el­ke vorm wan­neer jy die laas­te laag in­skep. Hou die vorms ’n paar se­kon­des on­der warm wa­ter om dit los te maak wan­neer jy ge­reed is om dit voor te sit. Maak ons ki­wi­vrugy­sies só: Druk 2-3 sky­fies vars ki­wi­vrug teen die kan­te van die lol­lie­vorm en vries ’n uur of twee. Gooi dan die vrug­te­pu­reeen-sap­meng­sel in en vries tot by­na hard. Druk room­ys­stok­kie in en vries tot klip­hard.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.