Sarie Partytjie

Sampioenme­ringues

-

Die sampioene lyk so realisties jy sou dink dis pas geoes. GENOEG VIR 16

• 4 eierwitte

• 5 ml kremetart

• 420 g (500 ml) strooisuik­er • pienk koskleurse­l

• 100 g baksjokola­de, gesmelt • kakao vir oorsif

• 10 g witsjokola­de-splinters

Verhit oond tot 140 °C. Plaas eierwitte en kremetart in elektriese menger se bak en klits by hoë spoed tot sagte punte vorm. Terwyl menger loop, gooi strooisuik­er geleidelik by en hou aan klits tot mengsel blink en styf is. Skep ⅔ van mengsel uit en kleur dit pienk. Voer 2 bakplate uit met bakpapier en spuit goed met kleefweren­de kossproei.

Skep wit mengsel in spuitsak met gladde 1 cm-tuit. Spuit 16 regopstaan­de steeltjies van 2 cm op papier. Skep gekleurde mengsel in dieselfde sak. Plaas spuitsak se tuit op bakplaat en druk mengsel uit terwyl jy die sak stadig oplig – dit moet ’n sirkel vorm soos ’n sampioen se kop van sowat 3 cm in deursnee. Bak alles sowat 35-40 minute of tot bros en droog. Laat afkoel. Doop onderkant van groot ronde meringues in sjokolade en plaas weer op bakplaat om te stol. Keer gestolde sirkels om. Doop die plat punte van die meringue-stingels in sjokolade en plak vas in middel van die sirkels se onderkant. Laat stol. Draai om en laat staan op opdienbord. Plak witsjokola­desplinter­s vas met oorblywend­e baksjokola­de. Sif kakao oor en sit voor.

 ??  ?? werd beslis al die moeite
werd beslis al die moeite
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa