Sarie Partytjie

Stokkie-koekies

-

Dis nou hoogmode om koek op stokkies ( cake pops) voor te sit. Vat kortpad met koek uit ’n boks. GENOEG VIR 40

• 1 x 650 g-boks Ina Paarman

sjokolade-bokskoek

• 250 ml sonneblomo­lie

• 250 ml koffie

• 3 eiers

•1x cake pop- vorm

• 40 houtstokki­es (enige lengte) • 1 x 100 g–plak witsjokola­de,

gesmelt

• strooivers­iersel ( hundreds and

thousands)

• versiersel­blomme

Verhit oond tot 180 °C. Maak bokskoek-mengsel aan volgens aanwysings op boks met olie, koffie en eiers. Spuit koekvorm goed met kleefweren­de kossproei. Skep die holtes in onderste deel van koekvorm vol beslag en plaas tweede helfte van vorm bo-op – bak een of twee as ’n toets om te kyk hoe vol jy holtes moet maak. Bak 12-15 minute of tot gaar. Laat effens afkoel en haal uit vorm.

Druk stokkies in koekballet­jies terwyl dit nog warm is. Laat afkoel. Herhaal met oorblywend­e beslag. Steek koekstokki­es in stuk polistiree­n wat in yskas pas. Drup witsjokola­de oor koekballet­jies, sprinkel strooivers­iersel oor en plaas blommetjie­s bo-op. Laat stol in yskas. Plak ronde polistiree­nwiele (kyk by stokperdji­ewinkels) bo-op mekaar vas sodat dit soos ’n tweelaagko­ek lyk – verf dit oranje as jy wil. Steek stokkiekoe­kies orals in en sit voor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa