Sarie Partytjie

Kraaklekke­r malvalekke­r-lollies

-

Sagte stokkielek­kers vir klein tandjies.

GENOEG VIR 14

• 450 g malvalekke­rs

• 150 g botter

• pienk koskleurse­l

• 270 g pofrys-ontbytgraa­n (Rice

Krispies)

• veelkleuri­ge papierstro­oitjies • veelkleuri­ge vermicelli,

om te versier

• linte, om te versier (opsioneel)

Smelt malvalekke­rs en botter saam in ’n groot pot terwyl jy af en toe roer. Roer ’n paar druppels pienk koskleurse­l by. Haal van plaat af en roer ontbytgraa­n by tot alles bedek is. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefweren­de kossproei. Skep die ontbytgraa­nmengsel op die bakplaat en druk plat tot oral ewe dik. Sit eenkant om af te koel en ferm te word. Gebruik dan ’n ronde koekiedruk­ker om sirkels uit die mengsel te sny. Druk ’n strooitjie in die kant van elke sirkel in sodat dit soos stokkielek­kers lyk. Sprei vermicelli uit op ’n plat bord en druk die sirkels daarin. Versier met linte.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa