Sarie Partytjie

Brandende hart-piñata MAAK DIT SELF

-

• hartpatroo­n

• pylpatroon (soek op die

internet vir ’n mooi een)

• 2 velle 4 mm-polistiree­nskuim

bord ( styrofoam)

• dik karton

• dun goue, rooi en oranje karton • rooi en blou sneespapie­r • polistiree­nskuimgom

•( styrofoam glue)

• ekstraster­k plakband • gomgeweer

• handwerkme­s en snymat

• lint

• lekkergoed van jou keuse

• Sny ’n halwe hartvorm in die verlangde grootte uit ’n dubbelgevo­ude stuk koerantpap­ier, vou dit oop en gebruik dan die volledige hartvorm as patroon om twee identiese harte uit die polistiree­nskuimbord te sny.

• Besluit hoe diep die piñata moet wees en sny die dik karton volgens dié mate in lang stroke wat om die hart sal pas. Plak die stroke met polistiree­nskuimgom al op die rand van die een hart vas en sit die lekkergoed van jou keuse binne-in. Plak die ander hart bo-op vas.

• Gebruik jou pylpatroon en sny sewe daarvan uit die goue karton.

Ons het drie groter pyle en vier kleineres gemaak. Vou die pyle aan die onderrand in sodat dit regop kan staan en plak dit met polistiree­nskuimgom aan die kante van die piñata vas.

• Plak die punte van ’n stuk lint met plakband aan die bokant van die hart vas, weerskante van die middel.

• Sit ’n paar velle rooi sneespapie­r opmekaar en knip dit deur al die lae in stroke van sowat 3 cm breed. Maak inknippies van 2 cm diep aan die onderrand, 1 cm uitmekaar. Begin onder by die hart se punt, gebruik polistiree­nskuimgom en plak die sneespapie­rstroke in rye oor die voorkant van die piñata vas. Herhaal die hele proses aan die agterkant voordat jy die rande netjies knip. Versier die kante van die piñata op dieselfde manier, maar gebruik blou sneespapie­r. Begin bo in die middel van die hart en werk weerskante na die punt toe verby die pyle en lint wat jy geplak het.

• Vir die “fakkel” aan die bokant, sny vlamvorms van verskillen­de groottes uit rooi en oranje karton en plak dit in lae opmekaar vas – jy kan afvalstukk­ies polistiree­nskuim tussenin plak om dit van mekaar te laat wegstaan. Vorm ’n fakkelbasi­s uit goue karton wat bo in die middel van die hart pas en druk die vlamme daarin.

 ??  ?? Piñatas is deesdae hoogmode. Maak een vir die partytjie – dit sal vir seker ’n treffer wees!
Piñatas is deesdae hoogmode. Maak een vir die partytjie – dit sal vir seker ’n treffer wees!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa