Sarie Partytjie

Sjokolade-Churros

-

Sit dit vuurwarm voor. GENOEG VIR 12

• 420 g (750 ml) koekmeel

• 5 ml bakpoeier

• 750 ml water

• 2 ml sout

• 45 ml bruinsuike­r

• 2 eiergele

• sowat 500 ml sonneblomo­lie • kaneelsuik­er om in te rol

SJOKOLADES­OUS

• 1 x 100 g-plak donkersjok­olade • 250 ml room

Sif meel en bakpoeier saam.

Bring water tot kookpunt in ’n kastrol en voeg sout en bruinsuike­r by. Roer tot suiker opgelos het. Haal kastrol van hitte af en voeg meel en bakpoeier by. Klop tot glad. Klits eiergele een-een by.

Laat afkoel. Plaas sagte deeg in ’n spuitsak. Verhit olie. Om te toets of olie reg is, gooi ’n stukkie brood daarin. As die blokkie ná 1 minuut mooi bruin is, kan jy die churros begin braai. Spuit die deeg direk in die olie. Braai 3-4 minute tot bruin. Dreineer op kombuispap­ier. Rol in kaneelsuik­er en hou eenkant.

Sous Plaas sjokolade en room in ’n kastrol. Smelt oor baie lae hitte.

Sit warm voor met churros.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa