Sarie Partytjie

Vlieëndepi­ering-piñata

-

Hang die piñata aan ’n stewige tak of balk en laat die kinders beurte maak om dit stukkend te slaan totdat die lekkergoed uitval.

MAAK DIT SÓ

Koop drie ronde kartonboks­e (met deksels) van verskillen­de groottes en stapel dit van groot na klein opmekaar. Trek die omtrek van die twee boonste bokse op die deksel na van die boks waarop dit staan. Sny die sirkels uit die deksels, maar sny dit effens kleiner sodat die bokse nog op die deksels kan staan sonder om deur te val. Sny ’n klein gleuf in die boonste (kleinste boks se) deksel. Stapel alles weer opmekaar en plak die dele stewig aan mekaar met ’n warmgomgew­eer. Hou die bokant eers oop. Versier nou die piñata met stroke sneespapie­r waarin fraiings geknip is. Gebruik alkantplak­band om die stroke te plak en werk van onder af boontoe. Wanneer jy bo kom, vul die piñata met sagte lekkers. Ryg ’n dubbelgevo­ude stuk lint deur die gleuf in die boonste deksel en knoop die punte stewig vas aan die onderkant. Plak die deksel vas en rond dit met sneespapie­r af.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa