Sarie Partytjie

Basiese resepte

Met hierdie basiese resepte vir sjokolade-sponskoek en versiersel kan jy byna al die koeke vir die partytjies in dié tydskrif maak

-

Sjokoladek­oek

• 390 g (420 ml) botter

• 820 ml water

• 140 g (350 ml) kakaopoeie­r • 840 g (750 ml) koekmeel

• 20 ml koeksoda

• 20 ml bakpoeier

• 1 200 g (1 420 ml) strooisuik­er • 6 eiers

• 380 ml karringmel­k

Verhit oond tot 160 °C. Plaas botter en water in middelslag­pot en bring tot kookpunt. Voeg kakao by en meng. Sif meel, koeksoda, bakpoeier en suiker saam. Meng eiers en karringmel­k. Voeg botter- en die karringmel­kmengsel by die droë bestanddel­e en meng goed. Volg die opsies soos regs uiteengesi­t.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa