Mooi bad­ka­mers son­der breek en bou

Sarie Woon - - Voorblad -

Die in­druk wat ’n bad­ka­mer maak, nes dié van ’n kom­buis, kan die koop van ’n huis be­paal. As jou be­gro­ting dit nie toe­laat om die he­le bad­ka­mer oor te doen nie, is daar al­tyd ’n plan of twee te be­raam

PLAK­PA­PIER PLEKS VAN TE­ËLS

Dink net hoe lek­ker dit sal wees om in dié bad te lê. Ko­per­kleu­ri­ge plak­pa­pier s­kep ’n fo­kus­muur en maak van die bad­ka­mer iets be­son­ders. Die pa­pier is ge­skik vir bad­ka­mers en kan vol­gens die groot­te (hoog­te en breed­te) van jou muur be­stel word. Kon­tak www.smar­t­art.co.za vir meer be­son­der­he­de. Hul­le bied ook ’n vol­le­di­ge in­stal­le­rings­diens.

BEDERFGOED

Dis klein goed­jies wat jou laat lek­ker voel, soos mooi seep en sag­te hand­doe­ke. Hou bad­sout by­der­hand en sorg ook vir ’n wa­ter­gla­sie. Soort­ge­ly­ke mo­sa­ïek­te­ëls is be­skik­baar by Bathroom Bi­zar­re.

VEILIGE VEN­STERS

van die vin­nig­ste ma­nie­re om jou bad­ka­mer be­ter te laat lyk, is om die dief­we­ring en gor­dyn voor die ven­ster te ver­vang met styl­vol­le a­lu­mi­ni­um­hort­jies wat sterk ge­noeg is om as dief­we­ring te dien. ’n Veilige sluit­stel­sel ver­se­ker dat dit nie uit die spoor ge­lig kan word as dit toe is nie. Vind meer uit oor die S­hut­ter Gu­ard-se­ker­heid­stel­sel by www.tay­lor­blinds.co.za

TWEELINGWASBAKKE

As die wa­ter­py­pe dit toe­laat, ver­vang ’n en­kel­was­bak met twee so­dat elk sy eie spe­si­a­le plek het. Ek­stras soos ’n ver­hit­te hand­doek­re­ling, ron­de spie­ëls in sil­wer ra­me en mooi huis­plan­te gee die bad­ka­mer ’n luuk­se voor­koms.

SELFDOEN-BÊ­RE­PLEK

’n Ou leer maak ’n baie lek­ker hand­doek­rak.

Gee dit ’n paar lae verf, draai ’n paar skroef­ha­kies aan die bo­kant en laat staan dit teen die bad­ka­mer­muur. S­kaf ook ’n was­goed­mand­jie aan wat groot ge­noeg is vir ’n klomp was­goed. As geld skraps is, is swart-en-wit vi­niel­vloer­te­ëls ’n goeie op­sie.

VERNUWINGSWENKE

1 Ver­vang krane met nu­wes wat

wa­ter­be­spa­rend is.

2 Skroef die ou stort­kop af en ver­vang met

een wat ek­stra groot is.

3 In­stal­leer nu­we hand­doek­re­lings – meet ak­ku­raat so­dat dit oor­een­stem met vo­ri­ge ga­te in die muur.

4 Hang ’n nu­we spie­ël.

5 Koop die bes­te hand­doe­ke en bad­mat­jie

wat jy kan be­kos­tig.

SPA-KA­MER

’n Bad­ka­mer wat reg van die be­gin af s­lim be­plan is, sal vir ja­re goed lyk en werk. As jy die luuks­heid van spa­sie het, rig vir jou ’n ha­reen-gri­meer­hoe­kie in as deel van die bad­ka­mer (sig­baar op die ag­ter­grond). Die stort­ge­deel­te het ge­rief­li­ke, in­ge­bou­de nis­se vir seep en sjam­poe. On­der die vloer se hout­spar­re (wat kan op­lig) is spoel­klip­pies om af­loop­wa­ter te fil­treer. Die stort­vloer is skuins ge­bou so­dat wa­ter reg af­loop.

EK­STRA RAK­KE

bad­ka­mers se vloer­op­per­vlak­te ge­woon­lik knap is, werk kas­te nie al­tyd nie. Maak ge­bruik van die mu­re en in­stal­leer ’n paar rak­ke, stra­te­gies na­by die stort en was­bak.

Son­der ’n stort-af­skor­ting lyk die ruim­te ook gro­ter. Deur­sig­ti­ge dief­we­ring dra by tot die skoon ge­voel in dié bad­ka­mer.

TREND: ME­TAAL­KLEU­RE, SELFS VIR BADKAMERMURE

Ver­wy­der muf met bleik­mid­del en ’n ou tan­de­bor­sel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.