Vrae aan ’n bin­ne-ont­wer­per

BINNEONTWERPER

Sarie Woon - - Voorblad -

Wat­ter vrae vra jy ’n kli­ënt wat jou na­der vir raad?

Wat is jou ster­re­te­ken? [Met ’n von­kel in die oog.] Ook, hoe groot is die ge­sin en hoe oud is elk­een. Waar­van hou hul­le en waar­van nie. Dit sluit in de­kor-voor­lief­des en wat vir hul­le af­sku­we­lik is. Al­les word in ag ge­neem, soos waar eet hul­le: by ’n ta­fel of ’n toon­bank? Is daar goed waar­van hul­le nié wil ont­slae raak nie? En laas­tens, wat sou hul­le gryp as die huis in vlam­me staan.

Wat moet ’n voor­ne­men­de kli­ënt doen of weet voor sy jou kon­tak?

Vra jou­self die vol­gen­de vrae: Is dit moont­lik? Val dit bin­ne my be­gro­ting? Gaan die voor­koms in die mo­de bly? Wat moet nóg ge­doen word, bv. pas die lig­te en vloer­be­dek­king, of moet dit ook ver­vang word?

Waar be­gin jy as jy ’n be­perk­te be­gro­ting het?

Die be­lang­rik­ste is dat jy ’n oor­sig het van dit waar­na­toe jy op pad is. Be­gin by wat jy kan be­kos­tig. Kies ge­hal­te­verf in ’n neu­tra­le kleur en koop een of twee goed ont­werp­te meu­bel­stuk­ke. Dit neem tyd om ’n huis vol at­mos­feer en lief­ling­stuk­ke te s­kep. Die ver­skil­len­de lae kom met die lewe saam.

Waar­op moet jy geld be­stee en wat kan eers wag?

Span­deer geld op din­ge wat nie ver­ou­der nie, soos die bes­te ge­hal­te rus­bank en e­tens­ta­fel wat jy kan be­kos­tig. Wees ver­sig­tig vir im­pul­sie­we aan­ko­pe. Loop ook lig vir hoog­mo­de-kleu­re en -i­tems – ek sou min­der geld hier­op uit­gee. Wees s­lim met hoe jy jou or­na­men­te en pren­te kies en uit­stal. ’n Be­kos­tig­ba­re i­tem kan net so luuks lyk as dit met ’n duur i­tem ge­kom­bi­neer word. Kus­sings is ’n goed­ko­per ma­nier om kleur en teks­tuur in te bring, maar moe­nie die vul­kus­sings af­skeep nie. Kies die ver­e­of dons­kus­sings.

Wat­ter kleur dink jy gaan ons vir die ko­men­de sei­soen sien?

Daar gaan baie blou wees.

Wat is die guns­te­ling-ding in jou huis, en waar­son­der kan jy nie lewe nie?

My Mu­ra­no-kroon­kan­de­laar. Ek sal suk­kel son­der my sag­te 300-draad­tal­bed­de­goed, my groen­te­tuin, en ons lek­ker groot kom­buis­toon­bank waar ons kui­er, eet en werk.

Jy werk teen so ’n vin­ni­ge pas, ont­span jy ooit?

Ja, na­tuur­lik. Dis hoe­kom ek in die “woud” bly! Hier is nie sel­foon­ont­vangs nie. Ek hou van draf, bui­te kui­er saam met my ge­sin, ge­sels met my vrien­de. Die lewe moet ge­niet word.

Gil­li­an Good­win van Kaap­stad stel van kleins af be­lang in kleur en vorm. Boon­op het sy ’n skerp kop vir be­sig­heid. Sy het on­der meer al ’n stof­feer-on­der­ne­ming ge­had en glo dis net so be­lang­rik om die teg­nie­se sy van bin­ne­ver­sie­ring te ken as wat dit is om kre­a­tief te wees. (Sien haar huis op bl. 70)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.