Waar bran­ders wit breek

Sarie Woon - - Voorblad - FOTO’S HENK HATTINGH

Kui­er jy hier, is jy net ’n mi­nuut weg van die bran­der­plank­pa­ra­dys Long Be­ach by Kom­me­tjie. As die bran­ders jou nie roep nie, kan jy e­ni­ge plek in dié mo­der­ne see­huis ont­span en die na­tuur ge­niet – van o­ral kan jy die o­se­aan, veld of berg sien

Do­mi­ni­que, Nia (3), Da­niel en Tor­ben (5) Be­at­ty.

Da­niel en Do­mi­ni­que Be­at­ty bly al ne­ge jaar in wê­reld­ste­de soos To­kio en S­jan­ghai, en tans is Hong­kong hul tuis­te. Maar as kin­ders van die see – hy het op Kom­me­tjie groot­ge­word en sy op Vis­hoek – wou hul­le ’n see­huis hê om na toe te kom vir va­kan­sies tot­dat die ge­sin hul­le een­dag heel­tyds hier ves­tig. Die be­sluit om hul wor­tels hier op Kom­me­tjie, reg langs sy ou­ers se hout­huis, te kom neer­sit, was nie ’n moei­li­ke een nie. Hul twee kin­ders, Tor­ben (5) en Nia (3), be­skou dit ook as “huis”, en as klein Tor­ben die kans kry, trek hy trots sy S­pring­bok­trui aan.

Hul­le ver­tel in Hong­kong is die lewe su­per­vin­nig en voel hul­le soms ver­swelg deur die ge­maal van so­veel men­se. Die eer­ste ding wat hul­le al­tyd op­let wan­neer hul­le huis toe kom, is die groot blou he­mel. Hul­le kan ook nie ge­noeg kry van die vars lug, ruim­te, die At­lan­tie­se O­se­aan, die warm­te van Suid-A­fri­ka­ners en sa­me­syn met hul fa­mi­lies nie. Hier op Kom­me­tjie het Da­niel en sy broer, Mi­cha­el, as kin­ders sor­ge­lo­se en i­dil­lie­se dae op die strand en in die bran­ders deur­ge­bring. Dit was daar­om vir hom ’n van­self­spre­ken­de keu­se om Mi­cha­el, ’n ar­gi­tek (www. be­at­ty­ver­mei­ren.com), te vra om die huis te ont­werp.

Da­niel, Do­mi­ni­que en Mi­cha­el het kop­pe by­me­kaar­ge­sit en hier­die mo­der­ne, mi­ni­ma­lis­tie­se huis met baie lig en on­be­lem­mer­de uit­sig­te op berg en see, tot by Hout­baai, ont­werp en ge­bou – feit­lik al die ven­sters is van pla­fon na vloer.

On­der het die huis ’n ruim dek en ’n ver­son­ke swem­bad, met groot skuif­deu­re wat hier­op oop­maak.

Hier is ook twee slaap­ka­mers, ’n gas­te­toi­let, ’n bad­ka­mer en ’n TV­ka­mer. Op die boon­ste ver­die­ping is ’n oop­plan­kom­buis en -leef­a­rea met ’n ruim bal­kon, die hoof­slaap­ka­mer en ’n bad­ka­mer.

1

Kies ’n los­staan­de kas vir ek­stra pak­plek.

’N KOM­BUIS WAAR JY VER KAN KYK

Die kom­buis is op die boon­ste vloer en loop uit op ’n hout­bal­kon. Om­dat die Be­at­tys mal is oor kos, kook, ont­haal en kui­er, het hul­le be­sluit die kom­buis moet die bes­te uit­sig hê. Die op­was­ka­mer is ’n ver­steek­te ver­trek ag­ter die kom­buis­kas­te, met die eet-a­rea wat naat­loos by die kom­buis aan­sluit. Die tur­koois ka­spa­neel her­haal die kleur van die Jan Ver­mei­ren-skil­de­ry teen die muur links.

PRAKTIESE AF­WER­KING

Vir die kom­buis-werk­vlak is duur­sa­me ver­se­ël­de be­ton ge­kies en dit vorm ’n mooi kon­tras met die hout­vloer en kom­buis­ei­land.

STYL­VOL INFORMEEL

In dié twee­de sit­ka­mer op die boon­ste vlak kan Do­mi­ni­que-hul­le in die win­ter vir ure kui­er ter­wyl die vuur brand en hul­le kyk hoe ’n storm oor die see in­rol en slier­te mis die berg toe­maak. Dit is ge­mak­lik in­ge­rig met ’n L-vor­mi­ge bank en S­kan­di­na­wie­se-styl stoe­le, ge­stof­feer in plaas­li­ke S­kin­ny laMinx-ma­te­ri­aal (www.skin­ny­la­minx.com). Die ron­de ta­fel is ’n lek­ker ver­ras­sing tus­sen die reg­uit ly­ne van die bank en stoe­le. Die kuns­wer­ke is ook deur Jan Ver­mei­ren. Geen gor­dy­ne is in die huis ge­ïn­stal­leer nie, net rol­blin­dings.

’n In­ge­bou­de sto­fie ver­skaf ge­noeg hit­te vir die he­le boon­ste vlak.

’n In­ge­bou­de nis of rak bo­kant ’n bed kan bed­kas­sies en ’n kop­stuk ver­vang en ruim­te spaar.

FUNKSIONEEL EN MOOI

Die hoof­slaap­ka­mer bied ’n prag­ti­ge uit­sig op C­hap­mans­piek en Hout­baai. Die nis bo die bed bied neer­sit­plek vir kuns en boe­ke en die maak bed­kas­sies on­no­dig.

SLAAP OF SIT

Die TV-ka­mer maak oop op die swem­bad (foto regs) en kan ook in ’n ek­stra slaap­ka­mer om­skep word. Die ba­sis van die bed is eint­lik ’n bê­re­plek vir ek­stra bed­de­goed. Tik­kies geel hel­der die ver­trek op. So­mer­va­kan­sies leef die ge­sin hier.

Do­mi­ni­que Be­at­ty

‘Ons kry nooit ge­noeg van die groot, blou he­mel en vars lug nie. Die groots­heid van die o­se­aan slaan jou a­sem weg

NET ’N TIKKIE KLEUR

Do­mi­ni­que wou kleu­re sag en on­ge­kuns­teld hou. Sy het ’n goeie klank­bord in haar vrien­din Ca­te Moo­re en ar­gi­tek-skoon­sus, Sas­kia Ver­mei­ren, ge­vind. Vir die voor­por­taal het sy ’n Oos­ter­se laai­kas in sag­te tur­koois ge­kies met por­se­lein-muur­pren­te daar­bo. Die ont­wer­per-kap­stok is van Pe­der­sen + Len­nard (www.pe­der­sen­len­nard.co.za). Die vloer is ge­beitste as­hout (ash). Die skuif­deur met ’n in­te­res­san­te hand­vat­sel sluit die on­der­ste slaap­ka­mers af van die por­taal en on­der­ste sit­ka­mer/ek­stra slaap­ka­mer.

2 1. Die gas­te­toi­let op die on­der­ste vlak het ook fyn de­tail en af­wer­king soos die naak­te lig, hand­doek­haak en was­bak­op­per­vlak van so­lie­de hout.

2. Met die vei­lig­heids­hort­jies toe, kan jy met ’n oop deur bad.

3. S­mal ven­sters van die pla­fon tot op die vloer is o­ral in die gang ge­ïn­stal­leer, wat dit ’n ar­gi­tek­to­nie­se voor­koms gee.

4. Die tuin is in­heems en wa­ter­wys uit­ge­lê vir min in­stand­hou­ding.

3

4

GE­NOEG LIG

D­rie si­lin­der­vor­mi­ge lig­te ver­skaf ge­noeg be­lig­ting oor die ei­land en die vol­le hoog­te van die muur is be­nut om die kom­buis­kas­te in te rig.

FYN UITGESTAL

Skul­pe en e­le­men­te uit die na­tuur word in ’n paar hek­sa­goon­rak­kies uitgestal.

Die huis is so ge­bou dat daar ’n uit­sig van­af el­ke ven­ster is.

BAD IN DIE NA­TUUR

in­ge­bou­de lig­gies Die oor­groot ven­ster in die en sui­te-bad­ka­mer kyk uit oor fyn­bos. Die vloer is van af­ge­vlak­te se­ment en die was­bak­blad van ver­se­ël­de be­ton. Diep laaie sorg vir ge­noeg pak­plek. Die vry­staan­de kraan dra by tot ’n luuk­se ge­voel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.