B­lik­hui­sie by die see

Sarie Woon - - Voorblad - FOTO’S HENK HATTINGH

Aan die rand van S­car­borough, ’n paar dui­ne weg van die see, staan dié be­koor­li­ke sink­hui­sie mid­de-in sy on­ge­rep­te veld­tuin

Die eer­ste ding wat jou op­val van Fis­her­man’s Cot­ta­ge, is die vre­de en stil­te. Al is daar ander hui­se rond­om die kot­huis, voel dit as­of jy al­leen in die veld bly. I­van Groen­hof en Li­sa Fo­a­le en hul d­rie kin­ders, Cla­re (11), Joe (9) en Eva (6), woon al se­dert 1999 in S­car­borough. Hier leef hul­le hul uit, al­mal swem, ry bran­der­plank of stap ki­lo­me­ters langs die strand. Li­sa, ’n ar­gi­tek en stu­dent in siel­kun­de, en haar man, I­van, ’n sa­ke­man, het nie lank ge­le­de nie die erf langs hul woon­huis ge­koop en Fis­her­man’s Cot­ta­ge ge­bou. Na­tuur­lik het

Li­sa dit ont­werp en I­van was die pro­jek­be­stuur­der. Hul­le wou ’n klein weg­breek­plek­kie s­kep waar gas­te on­ge­stoord kan rus – geen TV en geen Wi-Fi – net jy, die see en na­tuur. Li­sa be­stuur haar kan­toor van die huis af en I­van is be­trok­ke by on­der meer Fora­gers He­alth Food S­to­re

(tel. 072 095 8355) waar ons van die lek­ker­ste kof­fie en eet­goed ge­niet het.

‘woon

Dit maak nie sin om op e­ni­ge ander plek te nie – hier is al­les wat ons vra

KOM SIT AAN

Die ou ta­fel­tjie vorm ’n mooi kon­tras met die mo­der­ne oranje ys­kas en stoe­le. Regs op die foto is die trap wat na die sol­der­ka­mer toe lei.

IN ’N NIS

Pleks van ’n rak is ’n nis ge­bou vir kop­pies, be­kers en gla­se.

Ge­bruik her­won­ne ma­te­ri­aal vir die kas­sies en werk­op­per­vlak.

KOOK MET ’N UIT­SIG

Bo die stoof en was­bak is twee groot ven­sters wat op die tuin uit­kyk.

DIE REUK VAN SEE EN VELD

Die knus slaap­ka­mer se ven­sters maak oop op die veld­tuin en net ag­ter die duin breek die bran­ders. Die lig­te in die huis is son­der fie­ter­ja­sies. Hier hang net ’n mooi, groot gloei­lamp aan ’n wit koord.

SO LYK DIT BUI­TE

Die mu­re is ’n hout­raam waar­teen die sink bui­te vas­ge­sit is, her­won­ne PET-bot­tels is vir i­so­la­sie ge­bruik en aan die bin­ne­kant is dit af­ge­werk met hout. Die ver­skil­len­de lae maak hier­die huis goed ge­ï­so­leer in al­le weer­toe­stan­de.

Dié lig­ge­wig sink, wat a­lu­mi­ni­um be­vat, is roes­weer­stan­dig.

HEEL­DAG OP DIE STOEP

Dis wat jy wil doen as jy hier kui­er – op die stoep sit en luis­ter na die vo­ëls en die ge­druis van die see.

NIKS MEER AS DIT

Die huis be­staan uit ’n groot oop­plan-leef­ruim­te, kom­buis, bad­ka­mer en ’n knus slaap­ka­mer on­der en nog ’n ka­mer op die sol­der­vlak. Die bin­ne­kant is af­ge­werk met her­won­ne den­ne­hout van Fo­rest C­re­a­ti­ons (www. fo­re­st­cre­a­ti­ons.co.za), die mu­re is ge­verf met ProNa­tu­re­verf (www.pro­na­tu­re.co.za) en die pla­fon met ver­nis van Har­le­quin Paints (www.har­le­quin­paint.com), wat al­les om­ge­wings­vrien­de­li­ke en plaas­lik ver­vaar­dig­de pro­duk­te is. Die vloer is wit se­ment. Die mees­te bou­ma­te­ri­aal is ook her­won­ne. Die meu­bels is al­les twee­de­hands en die hout­sto­fie is van Wood­sto­ve and Kit­chen Com­pa­ny (www.wood­sto­veand­fi­re­pla­ce.co.za). Soort­ge­ly­ke ge­brei­de ot­to­mans soos dié op die voor­grond is te kry by Mr P­ri­ce Ho­me.

SELF GESKILDER

Li­sa het die skil­de­ry bo die blou ot­to­man ge­verf. Dis van ’n swerm wil­de-een­de. Haar inspirasie was ’n foto uit ’n stok­ou Na­ti­o­nal Ge­o­graphic. As kind kon sy vir ure daar­deur blaai. Vir haar het hier­die foto soos wa­si­ge en­ge­le ge­lyk en sy móés dit net skil­der. ’n Af­ge­vlak­te, ver­se­ël­de se­ment­vloer is ’n be­kos­tig­ba­re op­sie.

I­van, Li­sa en hul kin­ders op hul ge­lief­de strand.

’N TRAP EN DIE BOEK­RAK

Die trap lei na die klein sol­der­ver­trek waar ook ’n dub­bel­bed is. Die ven­ster­bank is diep ge­noeg ge­bou so­dat dit ook ’n boek­rak kan wees.

BAD NÁ ’N LANG DAG

As jy die sand en sout wil af­week, is daar ’n klein wit bad­ka­mer waar jy kan ont­span.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.