Ver­steek­te skat­kis

Sarie Woon - - Voorblad - FOTO’S HENK HATTINGH

Van ver af lyk dit na net nog ’n hout­huis by die see, maar bin­ne wag ’n ver­ras­sing … die meer as 100 jaar oue huis is lief­de­vol tot sy vol­le glo­rie ge­re­stou­reer en om­skep in ’n wa­re twee­de tuis­te en va­kan­sie­plek vir die groei­en­de fa­mi­lie

As die ge­sin see toe wou gaan, het hul­le al­tyd koers ge­kies na Boul­ders­strand by Si­mon­stad. Vir de­ka­des lank. Hier kon hul kin­ders heel­dag vei­lig swem en speel. Toe hul­le baie ja­re ge­le­de ontdek dat dié be­koor­li­ke hout­huis te koop is, het hul­le nie ’n oom­blik ge­hui­wer nie, ver­tel die bor­re­len­de El­le Kat­zeff. Dit is ’n ha­ne­tree van hul ge­lief­de Boul­ders en na­by ge­noeg aan hul huis in die sui­de­li­ke voor­ste­de so­dat hul­le ge­mak­lik tus­sen die twee hui­se kan pen­del. Van­dat hul d­rie kin­ders uit die huis is, spring El­le en Sid­ney som­mer vin­nig laat­aand in hul mo­tor om in Bax­ter Hou­se te kom oor­nag. Hier her­laai hul­le hul krag­te, maak tuin, lees op die stoep of sit som­mer net en kyk na die ein­de­lo­se o­se­aan. Die huis is al teen die vo­ri­ge eeu­wis­se­ling ge­bou en ty­dens die Ang­lo-Boe­re­oor­log was dit ’n voed­sel­stoor. Die aan­gren­sen­de gholf­baan was in daar­die ja­re ’n kon­sen­tra­sie­kamp. Die oor­spronk­li­ke huis het net d­rie slaap­ka­mers ge­had, maar oor die ja­re, soos hul kin­ders gro­ter ge­raak het, het hul­le aan­ge­bou so­dat daar nou vier slaap­ka­mers, ’n ruim kom­buis en eet-leef-en­sit­ka­mer op die on­der­ste vlak is.

Die trap lei na El­le en Sid­ney se slaap­ka­mer, bad­ka­mer en pri­va­te sit­ka­mer – elk­een met die mooi­ste uit­sig op die berg of see. In­te­res­san­te vonds­te uit twee­de­hands- en an­tiek­win­kels, as­ook prag­ti­ge erf­stuk­ke van hul on­der­skeie fa­mi­lies, s­kep ’n ge­moe­de­li­ke nos­tal­gie in dié va­kan­sie­huis.

Die ban­kies is nut­tig as daar baie gas­te is.

PLEK VIR NOG EEN

Teen die een muur, na­by die eet­ta­fel en on­der die pa­trys­poort-ven­ster, staan dié ge­sta­pel­de ban­kies. El­le het dit by Ko­ö­pe­ra­sie S­to­ries op Si­mon­di­um ge­koop.

KOM­BUIS, PALEIS

In die kom­buis is daar plek vir ’n ont­byt­ta­fel en die fo­kus­punt is dié reu­se-land­kaart. Twee in­te­res­san­te kas­te is pak­plek vir haar breek­goed en krui­de­niers­wa­re. ’n Pot­terak word uit­stal­plek vir ge­bruiks­goed so­wel as mooi­goed.

‘nie,

Die huis is nie net ’n strand­huis dis ons twee­de tuis­te. Hier voel ons vry en ge­luk­kig

PLEK VIR BOE­KE

Selfs die trap het styl. Twee een­vou­di­ge lig­te be­lig die trap goed en ’n s­mal lys on­der die ven­ster is uit­stal­plek. Aan die ein­de van die trap is ’n boek­rak met ’n prag­ti­ge seil­boot daar­op.

STRENG PRIVAAT

As die huis tjok en blok vol men­se is en El­le en Sid­ney soek bie­tjie stil­te, ver­dwyn hul­le na die boon­ste vloer waar hul­le ’n klein pri­va­te sit­ka­mer langs die hoof­slaap­ka­mer het. Hang ’n mooi mat of ’n klein kwilt pleks van ’n skil­de­ry op.

’N KA­MER MET ’N UIT­SIG

In die hoek van hul slaap­ka­mer is ’n lees­hoek in­ge­rig. Maar wie gaan nou lees as jy so ’n uit­sig het?

KUNS VAN KUI­ER

In hier­die ruim ver­trek met sy lang ta­fel en twee ge­mak­stoe­le kui­er die Kat­zeffs al­te graag. ’n Een­vou­di­ge maal van brood en kaas word ’n vro­li­ke par­ty­tjie as die he­le ge­sin saam is. Die lang blou laai­kas, met ’n ga­le­ry van meest­al see­to­ne­le daar­bo, vorm ’n a­we­reg­se sim­me­trie met die pienk buf­fet. El­le het die skil­de­rye oor die ja­re ver­sa­mel. Die deur en trap­pies lei na twee van die oor­spronk­li­ke slaap­ka­mers. Die so­lie­de plank­vloe­re is wit ge­beits.

VAT ’N RUSKANS

In die hoek van die eet­ka­mer (vo­ri­ge blad­sy) staan die twee stoe­le om ’n hout­sto­fie wat die huis ge­skik maak vir al­le sei­soe­ne. Die an­tie­ke kas vorm ’n mooi kon­tras met die mo­der­ne pik­ke­wyn-lig, die pienk buf­fet en Delft­mo­tief-sy­ta­fel­tjie.

El­le Kat­zeff

ANTIEK EN NUUT

El­le kom­bi­neer nuut en oud mees­ter­lik, soos die an­tie­ke kop­pies en rak­kie met ’n mo­der­ne pienk brood­roos­ter. Die ag­ter­deur lei na Sid­ney se ge­lief­de tuin.

’N KLEIN TABLO

O­ral in die huis is die in­te­res­sant­ste klein stil­le­wes, soos dié een van ou blik­ke wat op hul kan­te ge­draai is.

OPTELGOED IS HOUGOED

Op die wit buf­fet (ook in die eet­ka­mer), waar breek­goed ge­bê­re word, is daar plek vir die see­pam­poen­tjies wat op hul wan­de­lin­ge langs die strand op­ge­tel word.

NET VIR KIN­DERS

Sid­ney en El­le het vir die eer­ste keer ou­pa en ou­ma ge­word, maar die kin­der­ka­mer (met slaap­plek vir vier) is lank­al in­ge­rig.

Die in­ge­bou­de kas­te in sag­te see­groen pas per­fek by die land­kaart en die kleur van die see op ’n mooi dag. Die werk­op­per­vlak is van so­lie­de hout, bui­ten dié van vlek­vrye staal om die was­bak.

NA BO

Die ou­li­ke hond hou wag langs die trap wat na die boon­ste vloer toe lei.

KLEU­RE VAN SAND EN SEE

Die hoof­slaap­ka­mer is in sag­te kleu­re ge­meu­bi­leer. Soort­ge­ly­ke bed­kop­stuk­ke by Block & C­hi­sel.

NÁ ’N LANG DAG

Vir die en sui­te­bad­ka­mer het hul­le klas­sie­ke wit ge­kies.

Bax­ter Hou­se kan deur Per­fect Hi­de­a­ways be­spreek word by www.per­fec­thi­de­a­ways.co.za of kon­tak 021 790 0972

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.