Huis in die woud

Sarie Woon - - Voorblad - FOTO’S HENK HATTINGH

In ’n stil en weg­ge­steek­te straat, middein ’n mi­ni­woud, staan dié mo­der­ne huis. Dit is juis die boom­ry­ke erf wat die huis­men­se laat be­sluit het hul­le wil hier in Hout­baai woon

Twee en twin­tig jaar ge­le­de, toe Hout­baai nog ’n sla­pe­ri­ge klein dor­pie was, het G­reg en Gil­li­an Good­win dié won­der­mooie erf met ’n be­knop­te, don­ker hui­sie in sy eie klein woud ontdek. Gil­li­an ver­tel die be­gro­ting was knap, maar hul­le was ho­pe­loos ver­lief op die boom­ry­ke erf. Vir ’n ruk het hul­le in die huis ge­bly, maar Gil­li­an se han­de het kort voor lank be­gin jeuk. Sy is im­mers haar lewe lank al mal oor in­te­ri­eurs en breek en bou en het selfs haar eie on­der­ne­ming, eig­h­ty­ni­ne in­te­ri­or de­sign. Met­ter­tyd het hul­le die huis her­bou en die eind­re­sul­taat is hier­die ruim vier­slaap­ka­mer­huis met groot ven­sters wat oop­gly en jou laat voel of jy let­ter­lik in die woud lewe. Die leef­ruim­tes en ’n gas­te­ka­mer is on­der, met die slaap­ka­mers op die boon­ste vloer. Aan die ag­ter­kant van die huis is ’n ge­sel­li­ge ont­haal­ruim­te en ’n swem­bad. Hier ont­span G­reg en Gil­li­an graag met hul kin­ders, Ai­den (20) en Cait­lin (17). Tus­sen hul­le en die bu­re is ’n on­op­sig­te­li­ke draad ge­span so­dat jy die uit­ge­strek­te ge­voel van die boom­ry­ke erf kan be­leef. ’n Rus­ti­ge plek vir jou siel.

Bê­re brand­hout bin­ne langs jou sto­fie – nie net lyk dit mooi nie, maar jy hoef nie te suk­kel met nat hout nie.

KUI­ER BIN­NE EN BUI­TE

Die groot eet­ka­mer­ta­fel is so ge­plaas dat die ge­sin win­ter en so­mer lek­ker kan kui­er. Links van die eet­ka­mer, wat een reu­se­ver­trek met die por­taal vorm, is die kom­buis.

Die groot swart a­lu­mi­ni­um­deu­re loop uit op die swem­bad en ’n bui­te-ont­haal­ruim­te. Hier het Gil­li­an ook mees­ter­lik met ver­skil­len­de sty­le ge­speel en ’n aard­se koei­vel by ’n oor­da­di­ge goue stoel werk per­fek saam met die skoon ly­ne van die ta­fel en in­ge­bou­de sto­fie.

As jy ’n ven­ster met ’n mooi uit­sig het, verf die raam swart of in­stal­leer ’n swart a­lu­mi­ni­um­raam om die fo­kus na bui­te te lei.

OUD EN NUUT

Op met die trap is ’n klein in­for­me­le sit­hoek vir die jong­men­se in die huis. Die twee bal-en-klou-stoe­le het ’n mo­der­ne af­wer­king ge­kry met die groen “riem­pies”. Ook hier is die be­ton­muur her­haal.

DIE HOOF­SLAAP­KA­MER

Hier is ’n in­te­res­san­te kleur­kom­bi­na­sie van grys en groen. Die “skil­de­ry” bo die bed se kop­stuk is ’n mooi stuk ma­te­ri­aal wat oor ’n kuns­te­naars­doek ge­span is. En na­tuur­lik kyk hul ka­mer uit oor hul eie woud.

’n Trol­lie is ’n praktiese op­los­sing vir bui­te­kui­ers.

Pak dran­kies en breek­goed daar­op uit en as jul­le klaar ge­kui­er het, kan al die skot­tel­goed op een slag te­rug­ge­neem word.

SWEM EN KUI­ER

Wat meer kan jy nou vra – ’n swem­bad, ’n piz­za-oond en iets koels om te drink.

KOM BIN­NE

In die ruim por­taal is met teks­tuur ge­speel. Die ge­po­leer­de sand­steen­vloer vorm ’n in­te­res­san­te kon­tras met die be­ton­muur. Op die mo­der­ne por­taal­ta­fel is hand­ge­blaas­de ge­kleur­de glas. Die ge­sin se lief­de vir bo­me word skert­send in die boom-kap­stok weer­spie­ël.

TRAP VAN STAAL

Die swart staal­trap lei na bo. Be­nut al­tyd die spa­sie on­der ’n trap en rig ’n rus­plek­kie of mini-stu­deer­ka­mer in. Hier is die spa­sie ge­bruik vir ’n mo­der­ne lê­bed wat op die voor­tuin uit­kyk.

KOMBUISPALEIS

Die ruim kom­buis het oor­ge­noeg pak­plek en ’n groot ei­land van duur­sa­me Ca­e­sars­to­ne met ’n ver­sink­te voor­be­rei­dings­was­bak skei die eet­ver­trek en kom­buis van me­kaar. Daar is ’n a­par­te ruim­te vir op­was en gro­ter kom­buis­toe­be­ho­re.

DIE SIT­KA­MER

Dié ver­trek is e­le­gan­tin­for­meel in­ge­rig met ’n oor­groot ven­ster wat die fo­kus­punt vorm.

GLASKUNS

Gil­li­an is mal oor hand­ge­blaas­de glas.

KA­MER VOL VERRASSINGS

Cait­lin se ka­mer is pu­re jong­mens. ’n Mo­der­ne in­ter­pre­ta­sie van ’n he­mel­bed werk goed saam met die lig­te son­der skerms. Die sag­pienk bed­de­goed, plak­pa­pier ag­ter die bed, haas-bed­lamp en die vo­ël­tjies teen die ven­ster maak die ka­mer sag en ro­man­ties.

’N KALM BAD­KA­MER

Vir haar bad­ka­mer het Cait­lin ska­ke­rings van groen ge­kies.

As daar ge­noeg lig is, aard pot­plan­te goed in ’n bad­ka­mer.

DIE EN SUI­TE-BAD­KA­MER

Die kleur­ske­ma van die bad­ka­mer sluit aan by dié van die slaap­ka­mer. Hier is ook ’n groot ven­ster met ’n uit­sig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.