Sy toor met klei

Sarie Woon - - Voorblad - EL­SJE KAN DEUR HAAR WEBTUISTE www.el­sje­bur­ger.co.za ge­kon­tak word.

El­sje Bur­ger se lys is lank. Sy’s ’n ke­ra­miek­kuns­te­naar, berg­fiets­ry­er, kok, sti­lis en ei­e­naar van ’n won­der­mooi huis. Vir haar man en men­se in haar lewe máák sy tyd. Kort­om, sy doen din­ge wat haar siel voed

Ver­tel van jou ag­ter­grond.

Ek is in die Kaap ge­bo­re en ge­toë en was nog al­tyd gaan­de oor die mooi en kre­a­tie­we din­ge in die lewe. Op skool het ek al wat ’n kuns­vak is ge­neem – teks­tiel­ont­werp, mo­de­ont­werp, ge­meng­de me­dia en kuns­ge­skie­de­nis. My guns­te­ling was mo­de­ont­werp en ek was vas oor­tuig dis wat ek wil doen, tot­dat ek in my ma­triek­jaar by die Kaap­se S­kier­ei­land-U­ni­ver­si­teit van Teg­no­lo­gie se ope dag in­dus­tri­ë­le ont­werp ontdek het. Ek het die kur­sus ge­kies om­dat dit ’n ver­skei­den­heid vak­ke aan­ge­bied het wat vir my deu­re kon oop­maak in die toe­koms.

Jy ge­bruik baie his­to­rie­se in­vloe­de in jou werk, soos jou eie va­ri­a­sie van Delft en bal-en-klou.

My guns­te­ling-por­se­lein was nog al­tyd die ont­wer­pe van Para­gon en Qu­een E­li­za­beth. Dit het my lief­de vir ke­ra­miek­werk en die pro­duk­sie daar­van aan­ge­wak­ker. Ek het groot be­won­de­ring vir an­tie­ke ont­wer­pe en die baie de­tail daar­in. He­den­daag­se pro­duk­te is vir my soos ons le­wens, ’n ge­jaag en dit skree C­hi­ne­se mas­sa­pro­duk­sie. Ek wil hê my pro­duk­te moet de­tail en ge­hal­te toon en die be­per­kings van ke­ra­miek­ver­vaar­di­ging toets. Ek hou daar­van om die his­to­rie­se ont­wer­pe in ’n meer mo­der­ne vorm te in­ter­pre­teer so­dat die nos­tal­gie nog daar is, maar dat dit in he­den­daag­se hui­se pas. My inspirasie kom uit die ge­skie­de­nis, na­tuur, skoon ly­ne en tyd­lo­se ont­wer­pe, en ek is pas­sie­voel daar­oor dat my pro­duk­te plaas­lik ver­vaar­dig word.

Was dit moei­lik om jou voet in die deur te kry?

Ek het my stu­dies in 2010 voltooi en het die af­ge­lo­pe vyf jaar my eie on­der­ne­ming, The EB Group. Ek dink ek vind steeds my voe­te. Jy is nooit te oud of te jonk om nu­we din­ge te leer nie. Ek het so ’n wye ver­skei­den­heid be­lang­stel­lings dat ek al­tyd nu­we uit­da­gings soek. Ek doen ook sti­le­ring vir ge­sel­lig­he­de, bin­ne­huis-ont­werp, gra­fie­se ont­werp en bou aan ’n huis­wa­re­reeks. Ek glo ek sal my per­fek­te fo­kus oor ’n paar jaar vind. Nou ge­niet ek net al die pro­jek­te waar­aan ek werk.

Wat­ter wen­ke het jy vir ie­mand wat ’n eie on­der­ne­ming wil be­gin?

Moet nooit nee sê vir ’n ge­leent­heid nie, al voel jy on­se­ker, en ont­hou, “practi­ce ma­kes per­fect”. Wan­neer iets nie werk nie, is daar ’n re­de daar­voor, gee aan­dag. As daar ’n ge­brek is aan pas­sie, is daar nie ’n toe­koms nie. Daar is geen glo­rie daar­in om jou te oor­werk nie, maak se­ker jy het ba­lans. Dis ook mak­lik om jou doel­wit­te te ver­loor as jy ver­stren­gel raak in daag­lik­se ad­mi­nis­tra­sie. Skryf jou doel­wit­te neer en re­flek­teer daag­liks daar­op. Moet nooit bang wees om hulp en raad te vra nie, en bly ne­de­rig.

Het jy daai een wow-ding wat jy nog wil maak?

Daar is hon­der­de goed wat ek nog wil pro­beer, daar is net nie ge­noeg tyd in ’n dag nie. Maar ek wil nog graag ’n reu­se­kan­de­laar uit ke­ra­miek ont­werp.

Inspirasie uit die na­tuur.

Die Delft- en ba­len-klou-bak is El­sje se weer­ga­wes van tra­di­si­o­ne­le ont­wer­pe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.