MAKLIKE KWILT

Sarie Woon - - Ons Styl -

Die ge­heim is om ak­ku­raat te werk so­dat hoe­kies skerp is en die na­te mooi ge­lyk sal pas. Die kwilt is so 126 x 144 cm groot.

JY BENODIG 3 kleu­re van jou keu­se, 2 m ma­te­ri­aal vir die rug­kant, dun wat­teer­sel (bat­ting) vir tus­sen­laag.

DOEN DIT SO Maak eers die pa­pier­pa­troon. Trek ’n vier­kant van 18 x 18 cm. Trek dan ’n di­a­go­na­le streep in die mid­del om 2 drie­hoe­ke te vorm. Ver­deel een drie­hoek weer di­a­go­naal. K­nip los en trek groot drie­hoek en ’n klei­ner een na met ’n 6 mm-naat rond­om. K­nip uit ma­te­ri­aal: 56 groot drie­hoe­ke uit hoof­kleur en 56 elk van die ander twee kleu­re. S­tik nou die 3 kleu­re aan­me­kaar om weer ’n vier­kant te vorm. S­tik 7 vier­kan­te aan­me­kaar so­dat jy 8 stro­ke het. S­tik stro­ke aan­me­kaar.

VOLTOOI SO K­nip die wat­teer­sel en rug­kant tot die­self­de groot­te as die kwilt. Plaas 3 lae op­me­kaar met wat­teer­sel in mid­del. Laat lê plat en ge­lyk en ryg dit van mid­del af in ’n son­straal­pa­troon aan­me­kaar. Werk met klein ryg­ste­kies al langs na­te deur al 3 lae om kwilt af te rond. Om­boor rand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.