JOU JHB-HUIS WEG VAN DIE HUIS

Sarie Woon - - Ons Styl -

The Ha­mil­ton is daar­die styl­vol­le vriend by wie jy graag gaan kui­er

Jy kry The Ha­mil­ton in Jo­han­nes­burg se groen Craig­hall Park ná ’n la­ning pers ja­ka­ran­das. Van die pad af lyk dit soos ’n e­le­gan­te mo­der­ne huis, en dis pre­sies wat die be­plan­ners in ge­dag­te ge­had het. Ed­na Pe­res van die ar­gi­teks­fir­ma stu­di­oMAS sê: “Om­dat dit ’n voor­ste­de­li­ke om­ge­wing is, wou ons nie iets s­kep wat ‘ho­tel’ skree nie. Die skaal is in lyn met die aan­gren­sen­de ge­boue, maar die plek het tog ’n boei­en­de teen­woor­dig­heid – aan die een kant praat dit met die straat en aan die ander kant met die tuin.”

The Ha­mil­ton het 6 luuk­se sui­tes wat van die sen­tra­le, oop­plan­kom­buis af vloei. “Ons wou glad­de oor­gan­ge van die mees o­pen­ba­re a­re­as, soos die in­gang en bin­ne­hof, tot die mees pri­va­te plek­ke s­kep,” sê Ed­na. Dit voel as­of jy by ’n vriend se styl­vol­le huis kui­er, ver­al as jy in die sit­ka­mer sit en uit­kyk oor Jo­han­nes­burg.

Die kook­kuns wat jy hier ge­niet, be­ves­tig dié ge­voel ver­der, met “huis­kos” wat jou laat te­rug­kom vir nog kui­ers. Die ho­tel funk­si­o­neer soos ’n bed-en-ont­byt-on­der­ne­ming, maar daar is ook ’n spys­kaart vir mid­dag­e­te en aand­e­te. Van die mid­dag­e­te-guns­te­lin­ge is die klas­sie­ke BLT-toe­brood­jie en pes­to-pas­taslaai, en saans is hul fi­let met sam­pi­oen­sous, tie­mie­lam­s­tjops en die Ha­mil­ton T­hai-ker­rie ge­wild. Daar is ook ’n kof­fie­kroeg wat heel­dag oop is.

Die ge­rief­li­ke en mo­der­ne ka­mers is in­ge­rig met don­ker vloe­re, don­ker­grys mu­re, SuidA­fri­kaan­se kuns­wer­ke en hel­der tit­sels char­treu­se. Wi-Fi, sa­tel­liet-te­le­vi­sie, on­der­vloer­se ver­hit­ting en die op­sie om jou kle­re te laat stryk, laat jou net meer tuis voel by The Ha­mil­ton.

VIR MEER INLIGTING: ska­kel 011 447 9280 of stuur 'n e-pos na in­fo@the­ha­mil­ton.co.za.

WWW. THE­HA­MIL­TON.CO.ZA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.