Ons praat met Ela­na Brun­dyn

Die wê­reld se oë is op die Zeitz MOCAA (Mu­seum of Con­tem­po­ra­ry Art A­fri­ca) wat on­langs in Kaap­stad ge­o­pen het. Ela­na is se­dert Maart 2015 die di­rek­teur van in­sti­tu­si­o­ne­le be­vor­de­ring en ek­ster­ne aan­ge­leent­he­de by dié splin­ter­nu­we kul­tuur­skat. Ons het uitg

Sarie Woon - - INHOUD - ELA­NA BRUN­DYN

Waar kom jou lief­de vir kuns van­daan?

My ma was baie kre­a­tief en ak­tief. Sy was ’n huis­houd­kun­de-on­der­wy­se­res en het ver­al bor­duur­werk ge­doen en ge­brei. Sy en my pa was ook lief vir kos­maak. Ek het groot­ge­word met re­spek vir kre­a­ti­wi­teit. Die sko­ne kuns­te het ek op u­ni­ver­si­teit raak­ge­loop, waar ek ge­reeld kuns­uit­stal­lings be­soek het. Ek en my man, Pie­ter, het as stu­den­te op S­tel­len­bosch ont­moet en hy het toe reeds kuns ver­sa­mel. Dit was een van ons ge­sa­ment­li­ke pas­sies.

Ek het ’n uit­da­ging vir jou! Hoe ver­dui­de­lik ’n mens die kon­sep van Zeitz MOCAA in een pa­ra­graaf?

Dit is een van die be­lang­rik­ste kul­tuur­ge­beur­te­nis­se die af­ge­lo­pe 100 jaar in die wê­reld. Dit klink am­bi­si­eus, maar dit is werk­lik ’n ga­me chan­ger.

Zeitz MOCAA is ’n o­pen­ba­re mu­seum wat daar­op fo­kus om ei­e­tyd­se kuns ge­skep ná die jaar 2000 te be­waar, uit te stal en be­stu­deer – die eer­ste in sy soort en op dié skaal in A­fri­ka. Dit is ont­werp deur die i­ko­nie­se B­rit­se ont­wer­per T­ho­mas He­at­her­wick en word ge­huis­ves in ’n hon­derd jaar oue si­lo in die V&A Wa­ter­front in Kaap­stad. As ’n mu­seum van wê­reld­ge­hal­te, dus op die­self­de vlak as by­voor­beeld die Ta­te in Lon­den en MOMA in New York, spog dit met ’n A-gra­de­ring-kli­maat­be­heer, wat be­te­ken ons kan baie waar­de­vol­le kuns hier be­waar.

Hoe het jy in die Zeitz MOCAA-pos be­land?

Ek was die ei­e­naar van ’n kom­mer­si­ë­le ga­le­ry in Kaap­stad en baie be­wus van die aan­vank­li­ke be­plan­ning van Zeitz MOCAA. Ek het ge­help nog voor ek in die pos aan­ge­stel is, want ek het ge­glo dat as ek net 0,01% tot hier­die on­ge­loof­li­ke pro­jek kan by­dra, sal dit my le­wens­werk wees. Dit was ’n na­tuur­li­ke uit­vloei­sel van my pas­sie en die be­sef van die be­lang­rik­heid van die mu­seum vir ons land en kon­ti­nent.

Hoe lyk jou huis – wat is jou de­kor­styl?

My styl raak al hoe sko­ner en een­vou­di­ger, ook so­dat ons kuns­ver­sa­me­ling teen ’n neu­tra­le ag­ter­grond kan hang. Ek en Pie­ter waar­deer goeie ont­werp en pro­beer ook om ons ta­lent­vol­le plaas­li­ke ont­wer­pers te on­der­steun.

Ver­tel iets van jul kuns­ver­sa­me­ling?

Ons ver­sa­mel al 25 jaar en reis om­trent 99% van die ke­re met die doel om na kuns­uit­stal­lings te gaan kyk. Ons is be­hoor­lik ver­slaaf. Ek glo die eer­ste stap van ver­sa­mel is om baie na kuns te gaan kyk. Kaap­stad het goeie kom­mer­si­ë­le ga­le­rye en niks is so lek­ker as om op ’n Sa­ter­dag­og­gend van hul­le te be­soek nie.

Ons de­kor­span wys vier de­kor­ten­den­se in hier­die uit­ga­we (bl. 8-14). Met wat­ter een i­den­ti­fi­seer jy? Of wat­ter kom­bi­na­sies praat jou styl­taal?

Swart en so ’n tit­sel botanies.

Jy het prag­tig ge­lyk in die Vic­to­ria Beck­ham-ont­werp by Me­dia24 se on­lang­se kon­fe­ren­sie. Sluit jou lief­de vir kuns ook mo­de in?

Dan­kie vir die kom­pli­ment! En ja, ek is baie lief vir mo­de. Ek glo dis hoe jy jou per­soon­lik­heid aan die wê­reld kan wys. Hon­der­de ja­re te­rug het men­se vel­le en pels hoof­saak­lik vir warm­te en be­sker­ming ge­dra, maar van­dag word kle­re ook ge­dra om ver­skil­len­de stand­pun­te oor mo­ra­li­teit, gods­diens,

Die Zeitz MOCAA­mu­seum is ’n om­skep­te his­to­rie­se graan­si­lo wat in 1921 ge­bou is en des­tyds die hoog­ste ge­bou in Kaap­stad was. Dit strek oor 9 vloe­re en be­slaan 6 000 m2. Die Si­lo-ho­tel met sy 28 ka­mers vorm deel van die kom­pleks en is in die oor­spronk­li­ke graan­hy­ser ge­leë.

klas-af­fi­li­a­sies, ryk­dom, na­si­o­na­le oor­sprong, as­pi­ra­sies en ge­slags­rol­le uit te druk.

Die mo­de­wê­reld is mooi en op­win­dend met prag­ti­ge en ta­lent­vol­le men­se. Dis vir my heer­lik om sto­ries soos die han­dels­merk Guc­ci se suk­ses dop te hou. Die Guc­ci-ef­fek, soos dit ge­noem word, is die in­vloed wat dié I­ta­li­aan­se huis op ons mo­de­ge­woon­tes het. Dink bof­bal­baad­jies van ge­bor­duur­de sa­tyn en toi­lemo­tief-broe­ke in win­kels, om nie eens te praat van bot­sen­de kleu­re en pa­tro­ne nie. A­les­sandro Mi­che­le, die kre­a­tie­we brein ag­ter Guc­ci, is vrees­loos, flam­bo­jant en ge­slags­dub­bel­sin­nig. Sy ver­sa­me­ling lyk vin­ta­ge – soos iets wat jy op jou ou­ma se was­goed­lyn sou kon vind – dog jonk en vars. Hy het die re­ël­boek by die ven­ster uit­ge­gooi en laat dit so mak­lik lyk, so moei­te­loos en so gla­mo­rous dat ons al­mal die­self­de wil doen.

Ver­tel ons meer oor wat be­plan word vir die kos­tuumuit­stal­ling by MOCAA.

Ek is baie op­ge­won­de hier­oor. Mu­seums soos die Me­tro­po­li­tan in New York en die Vic­to­ria and Al­bert in Lon­den stal al meer as ’n half­eeu kos­tuums uit. Hul uit­stal­lings word jaar­liks deur mil­joe­ne men­se be­soek en be­ïn­vloed die ver­beel­ding en as­pi­ra­sies van baie ge­slag­te.

Die kos­tuu­m­in­sti­tuut by Zeitz MOCAA se man­daat is om bui­ten­ge­wo­ne ei­e­tyd­se mo­de­kuns van A­fri­ka en sy di­a­spo­ra te ver­sa­mel en te be­waar vir toe­koms­ti­ge ge­slag­te. Kos­tuum­ont­wer­pers van dié vas­te­land word ge­vier en hul werk uit­ge­stal. Dit gaan nie oor die ver­ge­ly­king van een ont­wer­per met ’n an­der nie, maar eer­der oor die kul­tu­re­le im­pak wat kos­tuum­ont­werp uit A­fri­ka op die vas­te­land en op die wê­reld het.

Die in­sti­tuut sal ook uit­stal­lings van reg oor die wê­reld aan­bied vir ons plaas­li­ke ge­ho­re.

Deur die ge­skie­de­nis van kos­tuums te ver­staan, kan ons die ge­skie­de­nis van die mens­dom ver­staan. Ons be­stu­deer kos­tuums en mo­des om die oor­een­koms­te en ver­skil­le van in­di­vi­due, groe­pe en na­sies na te spoor. ’n Kos­tuu­m­in­sti­tuut dien as ’n ar­gief van wie ons is, waar ons van­daan kom en hoe ons waar­des die­self­de bly of ver­an­der oor tyd.

Wat is jou guns­te­ling-her­in­ne­ring uit jou kin­der­dae? Kos­maak saam met my ou­ers. Wat in­spi­reer jou? Mu­siek en blom­me. Dit is nie net kuns­te­naars wat kre­a­tie­we blok­ke er­vaar nie. Hoe vind jy weer fo­kus en in­spi­ra­sie?

Wan­neer ek reis en mu­seums en ga­le­rye be­soek, in­spi­reer dit my. Dit help dat ek die daag­lik­se wor­ste­lin­ge ver­geet.

Ook ont­haal. Ek hou van kos­maak, maar ek hou be­son­der baie daar­van om ’n ta­fel mooi te dek. As ek net die tyd kan vind, is dit al­tyd vir my ’n in­spi­ra­sie.

Pen­ny Si­o­pis se werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.