Mi­chel­le se...

Sarie - - REDAKTEURSBRIEF -

Uit die blou­te be­land ’n hand­ge­skre­we brief op my les­se­naar. Daar staan my naam ge­skryf, sterk met ’n vul­pen, op spe­si­a­le pa­pier.

Soos ’n klei­nood lees ek dit ’n paar keer. Ge­dag­tes mooi uit­een­ge­sit, sin­ne wat in­me­kaar­vloei, ’n mooi be­gin, ’n mooi ein­de. ’n Brief wat my raak.

Hoe hart­seer is dit nie dat baie van ons die kuns ver­leer om ’n ge­voel­vol­le brief te skryf, of dit van­dag nooit sal leer nie. Ek is ge­luk­kig, ek het nog el­ke maand die ge­leent­heid om ’n re­dak­teurs­brief te skryf wan­neer ek met Sa­rie-le­sers ge­sels.

Tik jy “spe­si­a­le brie­we” in op die in­ter­net, spring han­de vol op die skerm. Baie ja­re ge­le­de ge­skryf, maar die woor­de tref nog, die snaaks is nog snaaks en die e­mo­sie tas­baar.

In SA­RIE, A­pril 2003 om pre­sies te wees, skryf Na­ta­ni­ël in sy Kaal­kop­ru­briek oor sy be­ge­lei­er, C­harl du P­les­sis. C­harl wat in­tus­sen dr. C­harl du P­les­sis ge­word het, ’n voor­ste jazz-mu­si­kant wat hier en in­ter­na­si­o­naal ge­ho­re in ver­won­de­ring laat. En steeds Na­ta­ni­ël se be­ge­lei­er is, al moet hy van oor­see te­rug­vlieg vir op­tre­des.

Na­ta­ni­ël skets in daar­die ru­briek C­harl as ’n man in sy twin­tigs wat “ge­buk­kend loop on­der ’n oor­maat ta­lent”. En hy ver­klap nog iets – dat C­harl die kuns van brief­skryf be­oe­fen. Brie­we om die men­se in sy le­we te “be­loon”. Ek het dit nooit ver­geet nie.

Dit was juis met ’n brief in die eer­ste uit­ga­we van Sa­rie Ma­rais op 6 Ju­lie 1949 ( ja, SA­RIE vier dié maand 68 won­der­li­ke ja­re!) dat die tot­stand­ko­ming van die tyd­skrif met A­fri­kaan­se vroue ge­deel is. Re­dak­teur F­red le Roux skryf: “. . . Sa­rie Ma­rais is ’n lang ge­koes­ter­de i­de­aal . . . ’n blad spe­si­aal vir die A­fri­kaan­se vrou. Die re­dak­sie het die werk met vreug­de on­der­neem, en met ’n ge­voel van dank­baar­heid . . .”

Meer as 50 jaar la­ter praat my eer­ste re­dak­teurs­brief van groot ver­an­de­rin­ge vo­ren­toe vir SA­RIE, maar dat ons die pad sáám sal loop en die tyd­skrif nooit haar hart sal ver­loor nie.

Dié maand is daar ver­al twee brie­we in SA­RIE wat jou aan die hart gryp. Oor eg­skei­dings het ons al baie ge­skryf, maar ’n on­lang­se brief van ’n le­ser (bl. 45) het ons op­nuut laat be­sef hoe diep die seer is wan­neer die band tus­sen pa en dog­ter breek. En dat ’n kind nooit op­gee nie. Só lees haar laaste pa­ra­graaf: “Hier sit ek nou, ’n groot­mens, ver­stom oor wat hier staan. En steeds sal ek aan­hou bid en hoop dat dié brief jou hart sal raak.”

Maar groot is die vreug­de en af­wag­ting in die twee­de pa-dog­ter-brief. Op die ag­ter­blad (Laaste sê) skryf S­te­ve Hof­meyr roe­rend aan sy on­ge­bo­re dog­ter­tjie – die een waar­voor hy “53 jaar ge­wag het”. ( Wan­neer jy sy brief lees, is Romy-lee waar­skyn­lik al ge­bo­re!)

Só sê S­te­ve: “Jy is nou nog maar ’n bon­del­tjie, maar jy is reeds die von­kel in ons oog. Jou blou­wit wan­ge is soos die te­ëls in die Taj Ma­hal en jou oë dryf soos le­lies in ’n groot Ka­roo­se plaas­dam. Jy is vir ons die mooi­ste win­ter­ba­ba in die wê­reld . . .”

’n Brief wat vir al­tyd sal staan. Woor­de vir e­wig kos­baar . . . Tot ons weer ge­sels wan­neer ons Au­gus­tus-uit­ga­we van­af 24 Ju­lie op die rak is, met baie van die vroue wat ons by SA­RIE nim­mer­ein­di­gend in­spi­reer!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.