SA­RIE DIE GEËERDE KUIERGAS

Sarie - - INHOUD -

Eer­ste in­druk­ke is bly­wend! SA­RIE, toe ek jou baie ja­re ge­le­de ont­moet het, was jy reeds ’n geëerde kuiergas in my ma en ou­ma se huis.

Om­dat jy toe al so ’n in­vloed­ry­ke in­spi­ra­sie was, het ek plak­boe­ke be­gin maak en on­ge­luk­kig jou mooi rok stuk­kend ge­knip!

Jou hart is van­dag nog so warm, met veel meer plek vir el­ke le­ser. Jy in­spi­reer oud en jonk, met rak­ke vol mode- en skoon­heids­wen­ke, jy ge­sels saam oor boe­ke, re­sep­te, ge­sond­heid, gees­te­li­ke din­ge en jy hou me­nig­een se hand styf vas in hart­seer tye.

Jy kom stip­te­lik el­ke maand by my tee drink, en wan­neer die laag­wa­ter­merk mens se voe­te soos boeie laat voel, kom jy soos ’n len­te­bries en ver­an­der on­weers­wol­ke in ’n re­ën­boog.

Op jou rak­ke pryk toe­ken­nings wat jy waar­dig met re­spek ver­dien het. Ons is trots!

Dan­kie, SA­RIE, hier­die ja­re lan­ge reis saam met jou hou my ne­de­rig en leer my om din­ge te aan­vaar wat ek nie kan ver­an­der nie. En om te ver­ge­we wat ek nie kan ver­duur of ver­dra nie. An­net­te van Ton­der, Pi­ket­berg *SA­RIE vier op 6 Ju­lie haar 68ste ver­jaar­dag. Lees Mi­chél­le se re­dak­teurs­brief op bl. 4.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.