ONT­HOU LÊ IN DIE HART

Sarie - - INHOUD - Toe­kies Ros­ser, Ro­bert­son

Wan­neer die ont­hou in jou hart kom SIT, staan hy mak­lik op en ver­dwyn vir ’n ruk­kie. Net om weer die vol­gen­de dag vir so ’n wy­le ag­ter­oor te kom sit en jou ge­dag­tes te laat rond­spring.

Wan­neer die ont­hou in jou hart kom LÊ, is dit ’n an­der sto­rie. Hy wik­kel hom in en maak hom tuis so­dat el­ke stuk­kie her­in­ne­ring sorg­vul­dig her­kou kan word. Soms wil jy nie hê die ont­hou moet so diep kom lê nie.

Soos mens ou­er word, kom lê die ont­hou ál die­per en die hun­ke­ring na dit wat was, word ál gro­ter. As die groot ont­hou hom in jou hart kom tuis­maak en sy voe­te uit­skop, dan weet jy dis tyd vir uit­sor­teer, ag­ter­jou-sit en “clo­su­re”.

Maar daar is ook so baie van die groot ont­hou wat lek­ker is. As my ont­hou teen kooi­tyd kom en my bes­te maat sy sterk arms om my sit, neem dit die sleg­te ont­hou weg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.