Na­ta­ni­ël sê . . .

Sarie - - ONS STYL -

Dit het meer as 30 jaar ge­le­de ge­beur. Ek was ’n stu­dent in my vier­de jaar (ek was baaaie lank in my vier­de jaar) en het saam met twee an­der mu­siek­stu­den­te in ’n meent­huis ge­woon. Ons het ’n voor­tuin ge­had en ’n pos­bus. Bui­ten ons bed­dens was daar geen meu­bels. Tot en met my pa se in­een­stor­ting. My pa het in daar­die sta­di­um by ’n gees­te­li­ke ra­di­o­sta­sie ge­werk en vind toe op ’n dag uit sy guns­te­ling-pre­di­kant en per­soon­li­ke held het met seuns ge­lol. My pa word toe heel­te­mal mal van ont­stel­te­nis en saag al sy kan­toor­meu­bels se po­te af, be­dank uit sy pos en lê lank in ’n don­ker ka­mer. Een van die meu­bel­stuk­ke was ’n ron­de ta­fel. Ek laat toe ie­mand met ’n bak­kie die ta­fel met die bit­ter kort poot­jies op­laai, verf dit pik­swart, plaas dit in die meent­huis se leë sit­ka­mer en be­gin my Oos­ter­se fa­se (ek was baaaie lank in my Oos­ter­se fa­se).

Op ’n dag is daar die dow­we doef van iets wat in ons pos­bus be­land. Ek storm uit. In die pos­bus is ’n klein lap­sak­kie met ’n en­ke­le munt­stuk bin­nein, ’n B­rit­se pond.

Twee dae la­ter is daar weer ’n sag­te doef. Hier­die keer is daar ’n koe­vert in die pos­bus. Op die koe­vert is ’n af­beel­ding van ’n B­rit­se pond en my naam. Bin­ne is ’n uit­no­di­ging, die ge­leent­heid word nie be­skryf nie, daar is net ’n tyd en ’n a­dres. Ook: Drag – Uit­son­der­lik.

Daai ja­re was my he­le kle­re­kas uit­son­der­lik en so daag ek op ’n Vry­dag­aand op by ’n Vic­to­ri­aan­se huis met ’n hoë hei­ning vol ro­sies en ’n dak­to­ring in ’n ou­e­ri­ge woon­buurt in die mid­del van S­tel­len­bosch. Tot van­dag toe kon ek nog nooit weer die huis op­spoor nie, die twee hui­se wat aan weers­kan­te was, staan dees­dae langs me­kaar.

Ek is ge­klee in ’n lang ge­waad en ’n slap lyf­band en ’n vloer­leng­te jas van kaas­doek, Mo­ses, Rut of Or­pa, een van hul­le was die in­spi­ra­sie. Ek word ver­wel­kom deur ’n e­le­gan­te vrou, daar­die tyd het ek aan­ge­neem sy was hon­derd jaar oud, dees­dae weet ek dis hoe jy lyk in jou vroeë ses­tigs. Sy groet my as­of sy el­ke aand ’n we­se uit Is­rael ver­wel­kom en wys na die sit­ka­mer. Daar wag se­we an­der per­so­ne, al­mal in aand­drag, en ’n we­se met ’n skink­bord. Ek gryp ’n glas sjam­pan­je, sluk te vin­nig, ver­stik en spoeg op my eie bors.

Daar was mu­siek, ek kan nie ont­hou wat en van waar nie, al­mal was vrien­de­lik en ver­baas en het non­sens ge­praat soos wat jy maar doen as jy nie weet hoe­kom iets ge­beur nie. Ek het net ge­praat met die­ge­ne aan weers­kan­te van my, ’n mei­sie met ’n ver­skrik­li­ke ga­ping tus­sen haar voor­tan­de en aan die an­der kant, die lief­de van my le­we. Hier­die lief­de het ek nooit weer ge­sien nie, wie is nou lus vir Or­pa met ’n vlek.

Toe het die e­le­gan­te vrou kar­ton­do­se van ver­bys­te­ren­de skoonheid op ’n ta­fel neer­ge­sit, hul­le het strik­ke los­ge­maak en koe­ke, die al­ler­prag­tig­ste koe­ke, pond­koe­ke in el­ke moont­li­ke geur, uit­ge­lig, ge­sny en be­dien. Ons het in stil­te ge­ëet, ge­smul soos dros­ters wat nie weet wan­neer daar weer ’n eet­ding gaan wees nie. Dit was te vreemd om te glo en te waar om te ver­geet. So­veel e­le­gan­sie, on­ver­klaar­baar­heid, vre­de, ag­ter­dog, vreug­de en vrae was daar nog nooit by een ge­leent­heid nie. Jy smag vir e­wig na nog ’n keer.

Nou die dag kry ek ’n lap­sak­kie met ’n pond in my pos­bus. Twee dae la­ter ’n uit­no­di­ging. Met ’n naam. Ek kyk op Goo­gle. Dis die mei­sie met die ga­ping. Vir wat nooi sy my nou? Wil sy al­les be­foe­ter met ’n twee­de keer? Vir se­ker half­ge­bak en des­pe­raat. Weet sy nie per­fek­sie kom te min nie? Jy mors nie daar­mee nie. Jy ont­hou en smag en ver­tel. Maar jy poog el­ders en mik an­der­pad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.